Totsiens my Ouboeta …..tot weersiens.

Lewe en sterwe – die twee kante van dieselfde munt. Ons word gebore om die wonder van die lewe voluit en volledig te ervaar en te geniet en uiteindelik ook te sterwe. Inteendeel, lewe is ‘n voorreg en die definitiewe vooruitsig van sterwe moet nie lewe enigsins demp nie.  Carpe diem – gryp die dag en die lewe aan en leef, al weet jy jy gaan sterf!

My boeta, Frikkie (Friederich Martin Riedemann), is om 2:40 Vrydagoggend 3 September 2021 oorlede. Hoe seer en onwerklik, maar wie is ons om te weet, te ontleed en te probeer verstaan? Hoe arrogant is hy wat dink hy weet!

Kosbare kleintyd herinneringe kan duisende boeke vul – blikskuit speel by die Mond in Lambertsbaai, plase bou op die oop erf langs die huis en met ons Dinky Toys boer, bergpasse ontwerp en uitkerf in die grondwal agter Ant Rose se huis op JanFourieskraal – die toekomstige strukturele ingenieur het reeds sy vaardighede gewys!

Boerdery
Vissermanne

My ouboeta het die leefkant van die munt volbring en met grasie die teenkant van hierdie munt betree na ‘n paralelle lewe van rus en ewige vrede. Hier gaan ons nuwe sonskyn safari’s en avonture beleef – saam, soos ons helende, heilsame, post-aftrede Karoo nostalgietoertjie in Oktober 2017.

Safari nostalgie#1 – Klein Karoo – Die Hel

Wie weet wanneer die uurglas vir hom uitloop? Ons is wat ons van hierdie periode tussen die eerste lig sien en die kers-uitblaas maak. My boeta het hierdie tyd gevul met uitnemendheid – akademies, professioneel, as eggenoot, pappa, oupa, vriend en boeta. ‘n Lewe volbring en ‘n wedloop met nederigheid voltooi. Ja, vir ons veels te vroeg, maar wie is ons om te weet.

Aan hierdie kant is ons harte bitter seer, maar daar aan die anderkant waar ‘n nuwe son op die horison lê, is soveel vreugde daar waar ‘n pa, ma, neefs, niggies, vele kosbare vriende en ons eie Nella opgewonde en jubelend vir hom wag!

Totdat ons boot dan ook vertrek, koester ons die sovele mooi momente en dra ons dit in ons harte. Tot weersiens, my liewe Ouboeta.

4 thoughts on “Totsiens my Ouboeta …..tot weersiens.

  1. Vir bykans ‘n halfeeu het ek die voorreg gehad om jou Ouboeta my swaer te kon noem. Hy was die toonbeeld van nederigheid, sagtheid, diepe erns en ook vet pret! Sal ons geselsies oneindig mis. Ek eer jou, liewe Frikkie.

    Liked by 2 people

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s