Die sestiende 23ste September.

Nella

Dit was nie altyd so nie – September was vir jou hele 25 jaar ons mooiste maand. Die een vol blomme en bloeisels, vol verwagting en nuwe lewe. Ons maand vol blydskap geprop.

23 September 2005 – Ons ysige en ongenaakbare winter na net nog ‘n Kaapse winter en die aftel van nuwe eerstes. Wie is ons om ooit te kan verstaan? Aanvaarding van dit wat jy nie kan verander nie maak ‘n nuwe dagbreek tog weer moontlik.

Tog – as die nuwe dag breek op elke 23 ste September kom lê die seer en verlang weer vlak. Wat gaan ons vandag doen om deur hierdie 23ste te kom, dit verby te kry – om weer met ‘n nuwe hoop en dankbaarheid te kan aanbeweeg vir nog ‘n nuwe jaar.

Die freesias blom uitbundig vir jou. Die jasmyn en clivias ook – ‘n nuwe seisoen.

Mis jou my kind….

4 thoughts on “Die sestiende 23ste September.

  1. Ja, ons Nella, ons Nelliske, wat ‘n voorreg om haar lewe vir 25 jaar op aarde te kon deel. Wat ‘n plesier om te sien hoe sy die lewe met al sy geleenthede aangryp en daaruit ‘n oorwinning maak: niks was ooit te veel moeite nie, niks was onmoontlik nie, niks te gering of oënskynlik te onbelangrik nie. Sy het vir 25 jaar lank vol-uit die lewe aangepak en ingepak – wat ‘n voorbeeld vir ons almal. Ek eer saam met jou hierdie kind van ons se nagedagtenis.

    Liked by 1 person

Leave a comment