Die begin van ons ontsnapping …..heerlike oggend met pragtige sanguitvoering deur Amanzi River Trails se honderde voëls – robins, kwikkies, kraalogies, tiptolle, mossies, duifies en afgerond deur die visarend se Afrika-crescendo!
Die magtige ou Oranje se woede van eens is uitgewoed en die opdrifsels droog in die son. Die rivier is nou rustig en gly verby soos ‘n spieëlbeeld van kalmte.


Tot môre
