
Verseker een van ons gunsteling kampe!
Die woord Halali het vele verskillende betekenisse, maar dit maak nie saak nie – as jy hier langs die watergat sit en die rustigheid van die pragtige swartrenosters ervaar dan weet jy hierdie is ‘n plek van vrede. So- wat my aanbetref beteken ‘Halali’ ook sommer vrede!
Vergete is die 1850s toe die wild hier afgemaai is deur westerse grootwildjagters.


Ek kan nou nog nie glo dat ons op ‘n stadium 9 renosters sien water drink het nie. Dit terwyl ‘n stuk of 6 hyenas tussendeur probeer krappe vang en die jakkalse saamspan om te help nie!
Die kamp se voëllewe is ook ‘n hoogtepunt en dit was goed om weer die ou neushorings te sien wat nou meer suid minder begin word weens klimaatsverandering.

Wat ‘n vreemde ervaring om letterlik miljoene klein vinke -‘red billed quelea finch’ te sien skilderye ‘verf’ teen die horison!



En dan die eindelose Etosha pan – meer as 100 km in lengte en omtrent die helfte so breed. Ongelooflike gesig!


Tyd om aan te beweeg – nog verder noord na Namutoni!
Hou aan vertel, asseblief – Etosha is ‘n betowerende wereld.
LikeLiked by 1 person
Is verseker!!
LikeLike