

Bietjie geskiedenis –
Namutoni was originally established as a control post during the mad cow disease (BSE) epidemic of 1897 in Namibia. The fort was built be the German Schutztruppe from 1902-03 and rebuilt in 1906 after the Ovambo destroyed the original building. The fort served as a police post and later as a South African army base. Fort Namutoni was declared a national monument in 1950 and was opened to tourism in 1957.
Met die rit van Halali darem in die verte ‘n leeu, 3 olifante en ‘n groot trop kameelperde gesien. Dit natuurlik afgesien van die baie groot getalle zebras, impalas, swartwildebeeste en springbokkies. Simpel hoe blasé mens raak en gewoon by hierdie pragtige diere verby ry! Die diere hier is veel kalmer as ander parke en jy kan letterlik ‘n bokkie diep in die oë kyk!
Die kamp is heerlik en ons het weer ‘n sukses broodjie gehad!

Die watergat by die kamp is ‘n teleurstelling in vergelyking met Halali, maar ander besienswaardighede maak op.
Naby die kamp is daar steeds heelwat water in die pan waar honderde flaminke hul tuiste het. Pragtige gesig in ‘n dorre landskap.

In die kamp kom kuier die mongoose families gereeld en verken alles, ook die karavaan.


Die kamp is mooi en geriewe redelik goed. Menige buitelandse toeriste met hul gehuurde Toyotas! Goed vir die Nam toerisme!


Laaste aand hier en maak bietjie kerriepot! Erg winderig gewees, maar nou sak Afrika se stilte neer. Heerlik. Môre die lang pad na Popa Falls – nog verder noord en dan in die Caprivi.
