Wel, meer noord in Namibië kan mens beswaarlik. Die sein is hier so swak dat bloggedagtes moet bly tot kamp Wifi, en dan werk dit ook net as jy in die middel van die eetsaal en kroeg staan!
Popa Falls is baie mooi, maar die algemene indruk is tog maar dat NWR ( ekwivalent van ons SANPARKS) nie naasteby op standaard van die privaatkampe is nie. Ja, Covid, resessie, afstande ens, maar tog…..




Ons kuier is die laaste aand met ons bootrit erg bederf deur die ongure gedrag van Namibiers wat oor die naweek kom fuif met uitspattigheid. Dit terwyl armoede en swaar jou elke paar kilometer groet tussen die beeste en bokke deur.
Tog het die luidrugtige bootrit die geleentheid gebied om ‘n foto of twee te neem van die “valle” en sonsak. Popa se “valle” is eintlik net ‘n paar stroomversnellings!


Sondag 5 Junie – die lang pad Kongola toe. Hierdie is die vierde stuk pad van meer as 200km tussen dorpies. Die B8 wat deur die Bwabwatu park sny. Volgende stop Kwando.