So noord as moontlik kan – Kwandoriver Bushcamp, Kongola, Caprivi

5 Junie 2022- vanoggend weg uit Popa Falls, Divundu. Die B8 na Kongola hardloop vir bykans die hele 200km reguit en vir die grootste deel deur die Bwabwatupark. Uitstekende pad en uniek deurdat dit deur ‘n nasionale wildpark sny. Veelvuldige gebruik, so hier en daar is daar klein nedersettings. Die mense leef in eenvoud en is skynbaar gelukkig – ‘n wekroep dat ons ‘n slag in ‘n spieël moet kyk!

Op die skouer van die B8!

Die spoedbeperking is meestal 80 met gereelde waarskuwingsborde om waaksaam te wees aangesien olifante die pad mag kruis!

Die droom van langs die Kwandorivier kamp met uitnemende standaard ablusie en ander fasiliteite het vinnig gesneuwel. Kan seker vir als die pandemie die skuld gee, maar hier is duidelik geen inisiatief van die kant van die eienaars/ bestuur nie. Als erg verwaarloos. Tog is die reuse kampterrein mooi en was die oorspronklike konstruksie van goeie gehalte.

Net ons op die oomblik hier – behalwe Roxie (manlik), John en een of twee werkers. Roxie, die “bestuurder” se 4-jarige is gister met malaria gediagnoseer en by die kliniek medikasie gegee. Naaste hospitaal 111km in Katimo Molilo! Wys jou net: selfs gedurende die winter bestaan daar malaria-gevaar en moet mens voorsorg tref, al is dit dan net met ‘n goeie laag Tabard. Kongola self is feitlik niks – ‘n Shell, winkeltjie en shebeens – o ja en ‘n polisiestasie!

Gistermiddag se verwelkoming –

Lekker lui likkewaan

6 Junie – net lekker niks gedoen nie. Was wel ‘winkel’ toe en bietjie dollars getrek. Wou so graag vir Roxie se siek dogtertjie ‘n speelding koop, maar helaas absoluut niks. Toe besef ek die kinders hier maak ‘n poppie van riete of strooi en ‘n karretjie van ou draad. Sjoe, wonder of hulle behoefte het aan enigiets meer? En ons kinders?

Al hierdie waarnemings laat my weer eens wonder of ons weet wie ons is. Gaan jy gewoon aan nadat jy hierdie waargeneem het? Dink bietjie hieroor.

Vanaand moet ons maar weer ‘n broodjie op die kole bak! Dit is altyd ‘n kwessie van ‘your guess is as good as mine’!

Die brood was ‘n sukses- soort van, maar die gevoel dat ons waningelig was oor die prag en geriewe hier het al swaarder begin lê. Vanoggend besluit die tyd hier is te lank. Besluit om op te pak en te groet. Plek by Mahangu teen die Kavango gekry en die 200km terug met die B8 gevat. Nou rustig hier langs die rivier en die vuur brand.

Môre meer oor Mahangu!

2 thoughts on “So noord as moontlik kan – Kwandoriver Bushcamp, Kongola, Caprivi

  1. Roxy, John en Herbert was baie goed en lief en die boskamp het beslis hope potensiaal. Daar is derduisende voëls en dis baie rustig. Net jammer oa dat die buitelug-toilet gelek het en jou 2 voete weerskante vd stroompie water wat uitloop, versigtig neergesit moes word. Stort het nie mooi leeggeloop nie en mens bly staan in die water. Kragvoorsiening 2x pd vir paar uur – gelukkig het ons boswaentjie ook ‘n sonpaneel. Moes 70km ompad ry omdat die padaanwysings (wat per e-pos gestuur is) verkeerd was. Uiteindelik by boskamp aangekom met ‘Private Rd, No trespassing’ wat ons toe by ons bestemming gebring het. Geen kaartbetaling moontlik nie, maar wel wifi wanneer die generator werk. Ietwat van ‘n teleurstelling.

    Like

  2. Dit was Kwando, maar nou is ons op die beste plek ooit: Mahangu! Kamp teen die rivier, met seekoeie wat raas en leeus wat snags brul. Hope voëls, super rustig en vanaand gaan ons heerlik eet by hulle restaurant op die water. Ablusie pragtig skoon: Felix en Stefan weet hoe om ‘n plek ordentlik te bestuur. Ek kon selfs my ou leesboek inruil vir ‘n ander in die bibliotekie!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s