Drotsky Cabins, Shakawe, Botswana

Van Mahangu deur die Mohembo grenspos Botswana in. Shakawe is soos meeste dorpies piepklein. Die supermarkgroep Choppies het darem hier ‘n winkel, maar tussen bokvleis en verdagte bees is daar nie veel keuse wat vleis aan betref nie! Min mense het enige idee van die leefwyse hier.

Bietjie voorraad gekry en Drotskys Cabins  gevind. Tussen die klein nedersettings deur vind jy hierdie pragtige ‘lodge’ met die mooiste hout strukture. Rêrig ‘n lushof.

Die kampterrein is enorm en op die wal van die water van die delta aan die westelike kant daarvan. Baie voëls om te bestudeer, maar mens hoor net die gebulk en baljaar van die seekoeie – sonder om hulle te sien.

Die beskikbare aktiwiteite hier is bootritte, mokoro-avonture, ens. Ons het net ‘n bootrit gedoen saam met Zebra en darem krokkedille en likkewane gesien. Die kosbaarste beeld was egter die visarend-paartjie. Die klank van Afrika wat weergalm oor die delta.

Jan en Eileen Drotsky is baie spesiaal en die kuiermomente was kosbaar. Heerlik gesels! Gleich und gleich gesellen sich gern! Lekker mense en boorlinge van Botswana. Ons het heerlik geëet. Beste sover! Ook Otto, Zebra, Hollie, GB, Welcome en Titus.

Tyd om aan te beweeg – Guma Lagoon toe!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s