Seisoene

Wens ek kon een van my spesiale bome wees…..

Daar is ‘n tyd vir alles – ‘n tyd om te groei, te bloei, vrugte te dra en helaas dan weer in rus te gaan.

I TALK TO THE TREES…

Deur hierdie seisoene word jy (hopelik) net sterker en wyser, en die vrug groter en mooier.

My granaat is hierdie jaar mooier as ooit na ‘n seisoen van rus.

Hierdie besonderse boek oor die wyd- uiteenlopende simboliek van die granaat, een van die oudste vrugte: van liefde se mond rooi van granaatsap, donkerrooi bloed van ‘ n gekruisigde, bloed gestort deur handgranate in ‘n eindelose konflik – tot die oneindig-oue simboliek van vrugbaarheid en voorspoed.

En dan: my Ficus carica – die nuweling, ontwaak uit ‘n lang en diepe slaap… baie hoofstukke om te skryf.

Hierdie boek was die inspirasie vir die plant van my eie vyeboom. Die seer en hartseer van die burgeroorlog in Ciprus, die verbode liefde tussen Griek (Katoliek) en Turk (Moslem) en die stille alomteenwoordigheid van die ou vyeboom in die taverne. Natuurlik is die simboliek oor eeue menig en uiteenlopend. Juis hierom is die Ficus carica so ‘n ongelooflike ‘bondgenoot’.

https://blog.metmuseum.org/cloistersgardens/2011/09/23/figs-and-fig-leaves/#:~:text=Like%20the%20vine%20and%20the,tree%20is%20equated%20with%20destruction.

‘n Seisoen vol verwagting.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s