Die storie wat ek heeltemal van vergeet het! Sedertdien in Blogsluimer gegaan.

So kom die inspirasie om weer na konsepte van stories te gaan kyk! Hierdie ene lê nou reeds sedert Mei 2022! My en Roos se Namibië- Botswana toer met die BushLapa!
Ek het reeds heelwat hieroor geskryf, maar Boteti was soort van die laaste goeie kuier in Botswana.
Ons is verwelkom deur Grace en het kamp opgeslaan.



Grace is wat haar naam sê! Liewe mens! Sy en haar span, insluitend Lister, bestuur hierdie kuierplek namens die eienaars, Suid-Afrikaners!
Teen die walle van die Botetirivier.




Boteti lê nefens die bekende Makgadikgadi park. Die Botetirivier lê laag hierdie tyd van die jaar. Maar dit tenspyt is hier water terwyl die panne noord opdroog. Hier belewe ons ‘n ongelooflike gebeurtenis – die migrasie van honderde zebras vanuit die panne noord. Die olifante en seekoeie is ewwe gelukkig!




Africa changes you forever, like nowhere on earth. Once you have been there, you will never be the same. But how do you begin to describe its magic to someone who has never felt it? How can you explain the fascination of this vast, dusty continent, whose oldest roads are elephant paths? Could it be because Africa is the place of all our beginnings, the cradle of mankind, where our species first stood upright on the savannahs of long ago?”
-Brian Jackman














































