Featured

Who am I?

Bekende woorde van Jean-Valjean uit Les Miserables in sy soeke na sy diepste identiteit. Krisis of groot verandering in ‘n mens se lewe roep dikwels hierdie vraag op! Aftrede is so ‘n groot verandering en kan jou tot in jou fondament skud. As dit nie, is jy of breindood of onder narkose.

As relatiewe jong pensioenaris wil ek aspekte van my reis met oud en jonk deel. Nie om enige indruk te maak nie, maar eerder as terapie vir myself en ander. Die idee is beslis nie om sosiale kommentaar, gewaande wyshede of filosofiese denke op pen te sit, of te ontlok nie! Die idee is om te vertel en te deel – van reisverhale, die mooi van die natuur, kosmaak en kuier, medemenslikheid en die hart van Verandering.

Maar hierdie pad gaan baie rustig geloop word……

“When you are getting on in years (but not ill, of course), you get very sleepy at times, and the hours seem to pass like lazy cattle moving across a landscape.” – GOOD-BYE, MR. CHIPS, James Hilton.

Of teen die tempo van ‘n plat see….

Pringlebaai

Die sewentiende 23ste September.

23 September 2022.

Nog ‘n jaar.

Niks het verander nie. Die stilte van smart is oorverdowend in elke hartklop. Ons harte krimp ineen van verlange. Van wonder. Van dit wat vir ons onvoltooid was en bly. Maar, wat weet ons wat steeds hier is?

https://safarisunset.home.blog/2021/09/22/die-sestiende-23ste-september/

The Tiger Rising https://g.co/kgs/EC3HMt

Wie weet? Jy is by ons elke sekonde van elke minuut, van elke uur, van elke dag, van elke jaar,van elke hartklop.

Lief vir jou.

Die yswind van die Kaap se winter sny deur murg en been en hart.

Jy sou vandag ‘n hele 42 jaar jonk gewees het, maar jy bly vir altyd 25 – ons kuiltjiekind. Boeta het gister verjaar. Soos altyd een dag voor jou, maar niks is meer dieselfde nie – nie vir mamma, boeta, Zankie of myself nie.

Die yskoue Kaapse winterwind sny vanoggend weer deur murg en been en hart. Koue reëndruppels bly afgly teen die vensterruit.

Ons verlang na jou ons engelkind.

The road to Maun

I always had this picture in my mind of Maun being a sort of Texas town! Needless to say we were anxious to get to the campsite of Island Safaris in Maun!

BUT –

Leaving Etsha13 the ‘main road’ south was an absolute nightmare up to Gumare!

Well, the rest of the road was not as bad.

Maun is clearly the tourism ‘capital’ of Botswana, where third and first world create an interesting mosaic of African colours and the colour of first world currency.

While the dusty ribbon of the main street offers various products and services on the part of the locals, the centre if town offers the likes of Woolworths, Spar, Clicks and great coffee shops near the airport. The latter being within walking distance from the main road.

The Island Safaris campsite is not anything worth writing about. On the outskirts of Maun and like most other lodges/ campsites are showing the impact of corona. Overseas visitors are starting to come in, but at a trickle. The most disturbing observation following contact with visitors from all-over – Holland, Germany, Slovenia etc. is that overseas tourists avoid South Africa stating only one reason – crime. This is devastating for an already struggling economy.

Back to the campsite – most of the time it has been only us here. Met very friendly couple from Slovenia though.

Lots of birds, minute little squirrels and many watermonitors ( Inguanas). The camp itself is huge and facilities average.

Well, this is it – tomorrow off to Bobeti rivercamp as we start our journey back home.

https://safarisunsethome.files.wordpress.com/2022/06/wp-1655482090153.mp4

Guma Lagoon – Etsha 13

12 to 15 June 2022

Once we took the turn-off to Guma, and despite having lowered the tyre pressure substantially, we soon got stuck in the very deep sandy track!  Car and caravan stuck amidst grazing cattle with no care in the world. Mobile signal close to zero!

Two tracks leading through the small settlement at Etsha13 off the A35 road south from Shakawe. The ‘main’ road is ridden with potholes and approaching drivers seem drunk as they navigate through the potholes!

Luckily Roos got through to Eileen of Drotskys who in turn communicated to Guy of Guma who send Mpho to assist. Simply lower the tyre pressure further to 1.2 bar. Off we went! 13 km of extreme sandy track and through shallow water at a few spots. Dear Ruth transferred to us to guide.

Life is not for us to understand – learned from Karen at reception that Guma brought to them the extremes of Life the day before our arrival – Guy’s mother turned 80 and the grandchildren joined from afar to celebrate. A boat trip on the delta, a heli flight and a birthday dinner in Africa. A special and blessed day. Next morning she was gone. Transported in her sleep to another world. What an indescribable blessing. Our hearts go out to the family.

Guma Lagoon

Here we are.

Guma Lagoon was our recharge – not a lot of activity, but tranquility.

Campsite 5

Lovely dinner on our final night – most succulent lamb, butternut and mash!

Opted to get Tiger to guide us out. At Etsha13 he assisted to inflate the tyres again and we parted. Friendly and caring folk here.

Left on the A35! Wow what an experience awaits!

Drotsky Cabins, Shakawe, Botswana

Van Mahangu deur die Mohembo grenspos Botswana in. Shakawe is soos meeste dorpies piepklein. Die supermarkgroep Choppies het darem hier ‘n winkel, maar tussen bokvleis en verdagte bees is daar nie veel keuse wat vleis aan betref nie! Min mense het enige idee van die leefwyse hier.

Bietjie voorraad gekry en Drotskys Cabins  gevind. Tussen die klein nedersettings deur vind jy hierdie pragtige ‘lodge’ met die mooiste hout strukture. Rêrig ‘n lushof.

Die kampterrein is enorm en op die wal van die water van die delta aan die westelike kant daarvan. Baie voëls om te bestudeer, maar mens hoor net die gebulk en baljaar van die seekoeie – sonder om hulle te sien.

Die beskikbare aktiwiteite hier is bootritte, mokoro-avonture, ens. Ons het net ‘n bootrit gedoen saam met Zebra en darem krokkedille en likkewane gesien. Die kosbaarste beeld was egter die visarend-paartjie. Die klank van Afrika wat weergalm oor die delta.

Jan en Eileen Drotsky is baie spesiaal en die kuiermomente was kosbaar. Heerlik gesels! Gleich und gleich gesellen sich gern! Lekker mense en boorlinge van Botswana. Ons het heerlik geëet. Beste sover! Ook Otto, Zebra, Hollie, GB, Welcome en Titus.

Tyd om aan te beweeg – Guma Lagoon toe!

Mahangu, Caprivi

Pêrelgiers – al ooit van so ‘n woord gehoor!? Wel die woord “Mahangu” beteken “pearl millet” wat ‘n soort graan is wat baie veeldoelig is as voeding.

Pearl millet https://www.google.com/search?kgmid=/m/04r5bh&hl=en-NA&q=Pearl+millet&kgs=15acb111e71d85c1&shndl=17&source=sh/x/kp/osrp/4&entrypoint=sh/x/kp/osrp

Ons was twee keer voorheen by Mahangu en hierdie derde maal onderskryf net weer eens ons sentimente! Die plek is ‘n lushof in die Caprivistreek. Dit word goed bestuur en onderhoud is uitstekend. Ons kamp is teen die rivier met uitsig na die oorkant wat deel is van die groter Bwabwatu natuurpark. Laasgenoemde is onbegrensde natuurgebied of park met olifante, leeus,seekoeie, buffels ens. Dit is ook deels ‘n meerdoelige area, aangesien klein nedersettings langs die B8 deur die park gevestig is waar mense met hul vee boer.

Eers weer terug by die kamp – pragtige ontvangs, soeweniersware, ‘biblioteek’ vir die wat ‘n leesboek vergeet het, eetkamer, dek met kroeg/ koffie en tee, swembad ens.

Hier is baie seekoeie wat bedags lui-lekker oorkant die rivier in die son bak en so af en toe in die water baljaar. Snags is dit ‘n variasie van bulkkommunikasie en snorkery. Laasgenoemde baie soos my eie deur die nag! Vreemde diere.

Dit skyn of seekoeie verbaal met mekaar kommunikeer; deur middel van kreune en bulke en dit word ook vermoed dat die seekoei eggo-oriëntasie gebruik, maar waarom dit die geval is, blyk onduidelik. Die seekoei is die enigste dier wat dit kan regkry om tegelyktertyd bokant en onderkant die water te kommunikeer, deur hul bek halfbo en halfonder die water te hou wanneer hulle bulk. Ander seekoeie reageer hierop of hulle nou binne-in of halfpad bokant die water is.” – Wikipedia

Laasnag heelwat leeus gehoor, maar geen gesien nie. Die olifante het ook nog nie weer kom drink nie. Heelwat bokke het wel. Hier is ‘n enorme ryk voëllewe. Mooiste koorsang, met supersuiwer soprane en enkele vals note deur ‘n paar jonger lede.

Die bootritte hier gaan ons nie hierdie keer doen nie, aangesien ons reeds dié een by Popa gedoen het, maar uit vorige ondervinding weet ons dit is ‘n ervaring. Vanaand eet ons in die restaurant en môre vat ons die pad Botswana toe. Deur Mohembogrenspos en dan kamp by Droskys Cabins naby Shakawe.

Lekker aandete geniet en nou slapies met sporadiese gebulk van seekoeie wat liefde maak!! 🤩

So noord as moontlik kan – Kwandoriver Bushcamp, Kongola, Caprivi

5 Junie 2022- vanoggend weg uit Popa Falls, Divundu. Die B8 na Kongola hardloop vir bykans die hele 200km reguit en vir die grootste deel deur die Bwabwatupark. Uitstekende pad en uniek deurdat dit deur ‘n nasionale wildpark sny. Veelvuldige gebruik, so hier en daar is daar klein nedersettings. Die mense leef in eenvoud en is skynbaar gelukkig – ‘n wekroep dat ons ‘n slag in ‘n spieël moet kyk!

Op die skouer van die B8!

Die spoedbeperking is meestal 80 met gereelde waarskuwingsborde om waaksaam te wees aangesien olifante die pad mag kruis!

Die droom van langs die Kwandorivier kamp met uitnemende standaard ablusie en ander fasiliteite het vinnig gesneuwel. Kan seker vir als die pandemie die skuld gee, maar hier is duidelik geen inisiatief van die kant van die eienaars/ bestuur nie. Als erg verwaarloos. Tog is die reuse kampterrein mooi en was die oorspronklike konstruksie van goeie gehalte.

Net ons op die oomblik hier – behalwe Roxie (manlik), John en een of twee werkers. Roxie, die “bestuurder” se 4-jarige is gister met malaria gediagnoseer en by die kliniek medikasie gegee. Naaste hospitaal 111km in Katimo Molilo! Wys jou net: selfs gedurende die winter bestaan daar malaria-gevaar en moet mens voorsorg tref, al is dit dan net met ‘n goeie laag Tabard. Kongola self is feitlik niks – ‘n Shell, winkeltjie en shebeens – o ja en ‘n polisiestasie!

Gistermiddag se verwelkoming –

Lekker lui likkewaan

6 Junie – net lekker niks gedoen nie. Was wel ‘winkel’ toe en bietjie dollars getrek. Wou so graag vir Roxie se siek dogtertjie ‘n speelding koop, maar helaas absoluut niks. Toe besef ek die kinders hier maak ‘n poppie van riete of strooi en ‘n karretjie van ou draad. Sjoe, wonder of hulle behoefte het aan enigiets meer? En ons kinders?

Al hierdie waarnemings laat my weer eens wonder of ons weet wie ons is. Gaan jy gewoon aan nadat jy hierdie waargeneem het? Dink bietjie hieroor.

Vanaand moet ons maar weer ‘n broodjie op die kole bak! Dit is altyd ‘n kwessie van ‘your guess is as good as mine’!

Die brood was ‘n sukses- soort van, maar die gevoel dat ons waningelig was oor die prag en geriewe hier het al swaarder begin lê. Vanoggend besluit die tyd hier is te lank. Besluit om op te pak en te groet. Plek by Mahangu teen die Kavango gekry en die 200km terug met die B8 gevat. Nou rustig hier langs die rivier en die vuur brand.

Môre meer oor Mahangu!

Heeltemal noord in Namibië – Caprivi

Wel, meer noord in Namibië kan mens beswaarlik. Die sein is hier so swak dat bloggedagtes moet bly tot kamp Wifi, en dan werk dit ook net as jy in die middel van die eetsaal en kroeg staan!

Popa Falls is baie mooi, maar die algemene indruk is tog maar dat NWR ( ekwivalent van ons SANPARKS) nie naasteby op standaard van die privaatkampe is nie. Ja, Covid, resessie, afstande ens, maar tog…..

Ons kuier is die laaste aand met ons bootrit erg bederf deur die ongure gedrag van Namibiers wat oor die naweek kom fuif met uitspattigheid. Dit terwyl armoede en swaar jou elke paar kilometer groet tussen die beeste en bokke deur.

Tog het die luidrugtige bootrit die geleentheid gebied om ‘n foto of twee te neem van die “valle” en sonsak. Popa se “valle” is eintlik net ‘n paar stroomversnellings!

Popa Falls

Sondag 5 Junie – die lang pad Kongola toe. Hierdie is die vierde stuk pad van meer as 200km tussen dorpies. Die B8 wat deur die Bwabwatu park sny. Volgende stop Kwando.

2 344km noord – Namutoni, Etosha

Namutoni

Bietjie geskiedenis –

Namutoni was originally established as a control post during the mad cow disease (BSE) epidemic of 1897 in Namibia. The fort was built be the German Schutztruppe from 1902-03 and rebuilt in 1906 after the Ovambo destroyed the original building. The fort served as a police post and later as a South African army base. Fort Namutoni was declared a national monument in 1950 and was opened to tourism in 1957.

Met die rit van Halali darem in die verte ‘n leeu, 3 olifante en ‘n groot trop kameelperde gesien. Dit natuurlik afgesien van die baie groot getalle zebras, impalas, swartwildebeeste en springbokkies. Simpel hoe blasé mens raak en gewoon by hierdie pragtige diere verby ry! Die diere hier is veel kalmer as ander parke en jy kan letterlik ‘n bokkie diep in die oë kyk!

Die kamp is heerlik en ons het weer ‘n sukses broodjie gehad!

Die watergat by die kamp is ‘n teleurstelling in vergelyking met Halali, maar ander besienswaardighede maak op.

Naby die kamp is daar steeds heelwat water in die pan waar honderde flaminke hul tuiste het. Pragtige gesig in ‘n dorre landskap.

In die kamp kom kuier die mongoose families gereeld en verken alles, ook die karavaan.

Die kamp is mooi en geriewe redelik goed. Menige buitelandse toeriste met hul gehuurde Toyotas! Goed vir die Nam toerisme!

Ons kamp!

Laaste aand hier en maak bietjie kerriepot! Erg winderig gewees, maar nou sak Afrika se stilte neer. Heerlik. Môre die lang pad na Popa Falls – nog verder noord en dan in die Caprivi.

Namutoni fort

Nogmaals noord – Halali, Etosha.

Verseker een van ons gunsteling kampe!

Die woord Halali het vele verskillende betekenisse, maar dit maak nie saak nie – as jy hier langs die watergat sit en die rustigheid van die pragtige swartrenosters ervaar dan weet jy hierdie is ‘n plek van vrede. So- wat my aanbetref beteken ‘Halali’ ook sommer vrede!

https://en.m.wikipedia.org/wiki/Halali#:~:text=A%20Swahili%20word%20originating%20from,meaning%20lawful%2C%20legal%2C%20etc.

Vergete is die 1850s toe die wild hier afgemaai is deur westerse grootwildjagters.

Swart renoster

Ek kan nou nog nie glo dat ons op ‘n stadium 9 renosters sien water drink het nie. Dit terwyl ‘n stuk of 6 hyenas tussendeur probeer krappe vang en die jakkalse saamspan om te help nie!

Die kamp se voëllewe is ook ‘n hoogtepunt en dit was goed om weer die ou neushorings te sien wat nou meer suid minder begin word weens klimaatsverandering.

Wat ‘n vreemde ervaring om letterlik miljoene klein vinke -‘red billed quelea finch’ te sien skilderye ‘verf’ teen die horison!

En dan die eindelose Etosha pan – meer as 100 km in lengte en omtrent die helfte so breed. Ongelooflike gesig!

Etosha pan

Tyd om aan te beweeg – nog verder noord na Namutoni!