Ons harte is bitter seer, Quintus. Jou afdruk in ons “dorpie” lê diep en vir altyd. Jou eensaamheid voor en ná jou mamma se afsterwe het ons nie geken of verstaan nie. Wat ons wel weet is dat jy haar met deernis en onbaatsugtigheid tot die laaste asemteug versorg het. Wroeging was daar verseker. Jou eie gemoed onbegrensd geteister deur die verlede. Jou intense gemis van jou Dada en ook jou liefsus, Jenny, ver in Amerika.
Jou alleen het niemand rêrig kon ken nie. Jou “masker” ter wille van vrede het almal geflous. Sommige het jou ongegrond en in eiegeregtigheid veroordeel. Hierdie wreedheid het diep seergemaak.
Maar wie van ons het jou rêrig geken? En verstaan? En in jou hart kon klim?
Your imprint on this little town was probably never fully understood or appreciated. Your loneliness became too much. Your heart ached, and your confusion grew. Quo vadis? The grief you carried overburdened and consumed you. Did any of us, as your neighbours, really care enough?
You are with your Dada now and at peace. Also, with your mom, whom you gave your all.
Jy het ons klein kompleks met oorgawe en uitnemendheid bestuur. Hiervoor sal jy verseker terdeë gemis word.
Your legacy will be forever. We will never allow you to be forgotten.
Rest in peace, young gentle soul! We will sorely miss you.
Maar, weet jy, Q, ons wat jou rêrig probeer ken en verstaan het, weet jy is nie weg nie! Jy is oral en vir altyd!
U het hom net ‘n bietjie minder as ‘n hemelse wese gemaak
en hom met aansien en eer gekroon,
U laat hom heers oor die werk van u hande,
U het alles aan hom onderwerp:….”
– Verse 5 – 7 van Psalm 8.
Die Engelse weergawe:
4 “What is mankind that you are
mindful of them, human beings
that you care for them?
5 You have made them a little lower than the angels and crowned them with glory and honor. 6 You made them rulers over the works of your hands; you put everything under their feet:
“Man has an independent and free personality. He is a trustee appointed by Allah and has a mission and a responsibility. He is required to rehabilitate the earth with his effort and initiative, and to choose between prosperity and misery:” –
Dit omsluit immers absoluut alles – ‘n hart wat omgee en versorg – die skepping in geheel – letterlik elke greintjie van die skepping, maar in die eerste plek die mens self: die naaste
Genocide is violence that targets individuals because of their membership of a group and aims at the destruction of a people.[a][1]Raphael Lemkin, who first coined the term, defined genocide as “the destruction of a nation or of an ethnic group” by means such as “the disintegration of [its] political and social institutions, of [its] culture, language, national feelings, religion, and [its] economic existence”.[2] During the struggle to ratify the Genocide Convention, powerful countries restricted Lemkin’s definition to exclude their own actions from being classified as genocide,[3][4] ultimately limiting it to any of five “acts committed with intent to destroy, in whole or in part, a national, ethnical, racial or religious group”.[5] While there are many scholarly definitions of genocide,[6] almost all international bodies of law officially adjudicate the crime of genocide pursuant to the Genocide Convention.[7]Genocide is violence that targets individuals because of their membership of a group and aims at the destruction of a people.[a][1] Raphael Lemkin, who first coined the term, defined genocide as “the destruction of a nation or of an ethnic group” by means such as “the disintegration of [its] political and social institutions, of [its] culture, language, national feelings, religion, and [its] economic existence”.[2] During the struggle to ratify the Genocide Convention, powerful countries restricted Lemkin’s definition to exclude their own actions from being classified as genocide,[3][4] ultimately limiting it to any of five “acts committed with intent to destroy, in whole or in part, a national, ethnical, racial or religious group”.[5] While there are many scholarly definitions of genocide,[6] almost all international bodies of law officially adjudicate the crime of genocide pursuant to the Genocide Convention.[7]
Hoe leef jy hiermee in jou kop?
Ek is reg agter die ligblou Porsche Cayenne by die robotkruising. Vodde “Abraham America” staan met sy verfrommelde ou wegneem- koffiebekertjie en vra vir ‘n aalmoes. Die robot skakel na groen en hy probeer uit die pad kom. Die Porsche lê op die toeter en swaai na ou Abraham asof om hom plat te ry.
Wat het van die mens geword? Een ongelooflike siek gemeenskap – terminaal.
Sonder enige twyfel die grootste verraaier van die heelal – kan net wonder wat die Groot Skepper van al hierdie dinge sê. Wat beplan hy vir ons, die skuldiges? Hoe lank voordat Hy besluit om ‘n einde hieraan te maak- soos om ‘n vlieg met een klap uit te haal. Of gaan dit aan onsself oorgelaat word om die vernietiging te voltooi?
Sopas terug van ‘n verfrissende en terapeutiese Vrystaat-kuier volgeprop met verskeidenheid!
Afgeskop met die opedag van Tswellang Special School voorberei en aangebied deur die beste dogter op die aardbol, Mamma Zanie, ons eie meisiekind, Rozanne Riedemann. Wat ‘n belewenis by hierdie ongelooflike skool vir fisies gestremde kiddies. Hierdie instelling getuig van ongereserveerde liefde en omgee. Hierdie kinders se vreugde ten spyte van hul gestremdheid moet jou diep raak en wakker skud, anders het jy ‘n hart van klip. Gaan na hul webtuiste, maak ‘n donasie en kry ‘n artikel 18 belastingsertifikaat!
Hulle vreugde moet jou diep raak.
Intussen het Rumi vinnig vriende gemaak met Buddy en Karwats tuis, maar nie met die Bloem-katte nie. So dan en wan was daar ‘n skermutseling met Ouboeta, die mannetjieskat,en het die wonde geleidelik meer geword! Die flou Vrystaatsonnetjie het darem almal bietjie sluimerig gemaak en daar is vrede.
Saterdae is Boeremark in Bloem en jou jaarkalender is elke liewe Saterdagoggend bespreek vir die heerlikste snuffel deur die talle stalletjies en natuurlik pannekoek en koffie! Maar, moenie die lewerkebabs, hoendersosaties en Halloumi misloop nie! Baie van hierdie stalletjiemense kry duidelik ook swaar in hierdie tyd van ekonomiese “depressie” en jy moet respek hê hiervoor. Die Saterdagprente wys jou ook die vrede en vreugde van ‘n reënboognasie, als sê die klakous-samelewing ook wat!
Saterdagaand vier ons Mia Smith se verjaarsdag by een van die beste pizza-restaurante wat ek ken – Bella Casa, maar ek verander die naam in my kop en dit word Casa Mia. My gunsteling bly die eiesoortige Peri-Peri hoederlewertjiepizza! Rozanne het ook vir Mia ‘n verjaarsdagkoek gebak!.
MiaHeerlike kuier!
Daar is maar geen beter medisyne as lekker geselskap en vrolike harte nie!!
Dit was maar net die begin!
Sondag vier ons Moedersdag en die moeders ontvang elkeen ‘n paar warm pantoffels en snoesige kinders in die bed!
Besige week – ek en ouma Rosemarie tree op in loco parentis as ons die Oranje Meisies gaan haal. Sjoe! Wat ‘n verkeersbondeling! Daarna volg ‘n vreeslike besige program – Lia het hekkies by oom Fanie op die sportgronde van Grey, Amie oefen hokkie en die koor berei voor vir die jaarlikse Applous-uitdunne! Amie het ook nog hokkie-oefeninge by die skool en ‘n toernooi by KOVSIES se gronde. Sjoe! Weet nie hoe die mammas dit hou nie!!!
En toe ‘n absolute hoogtepunt – my heel eerste besoek aan die NAMPO-skou in Bothaville saam met Charles Smith, Nuushoof, Netwerk24, Vrystaat & Noordkaap. Wat ‘n ervaring!! Verseker die grootste skou wat ek nog bygewoon het. Landbou et al! Ná die Trump-eskapade ‘n hartstrelende waarneming van ‘n kalm, verfrissende, veelrassige en gelukkige Suid-Afrika. Wit en swart boere intens geïnteresseerd in prima boerdery – niks anders nie!
Inspirende ervaring! Van hierdie masjiene kos by die R18m en met die terugstap hang daar hier en daar “sold” borde! Hier is natuurlik ook ‘n monument ter nagedagtenis aan die vermoorde boere met rye en rye name – jy kan nie help om die seer en wrewel van soveel familielede in jou hart aan te voel nie. Tog is daar hoop as mens die opgewonde besprekings tussen swart en wit boere waarneem, asook by die talle skoolgroepe van ons reënboogland.
Terug in Bloemfontein was ek en Charles net betyds vir die verrykende Afrikaans 100-viering by KOVSIES. Hierdie spesiale geleentheid is aangebied deur die Departement Afrikaans, Nederlands, Frans en Duits o.l.v. Prof Francois Smith, Charles Smith se broer. Wat ‘n belewenis!!
Prof Hambidge is ‘n meesterlike spreker en dosent en Frazer Barry se musikale verering van Afrikaans was raak en verfrissend!
Vrydag die 16de – ná skool die kids kry, pak en ry! Bestemming: Zeekoegat buite Rouxville, familieplaas van die Smithfamilie. Ryke familie- geskiedenis met voorsate wat Noord getrek het uit die Kaapkolonie, wat gely het tydens die Anglo-Boere-oorlog, soos waarvan die oorblyfsels van die oorspronklike plaaswoning wat afgebrand is, getuig. Stories van bitter swaar en seer vloei uit die vertellings rondom die talle ou familiefotos teen die muur. Oupa Hendrik was ook prominent in die destydse politiek en in die Parlement. Die aangrensende plaas Mispa is ook deel van die Smith-erfenis.
Wat ‘n heerlik verfrissende naweek op Zeekoegat! Rumi is in haar element saam met Buddy en Karwats! Herfs skilder die mooiste prente en ‘n hart kan nie anders as vrede vind nie.
Zeekoegat
Ons stadsjapies geniet hierdie heerlike plaaservaring! Rumi is in ekstase en volg vir Buddy en Karwats asof sy deel is van ‘n trop! Soveel reuke en wesens – skape, perde, plaashonde, hoenders. Ongelukkig ontdek Buddy en Rumi een van Pretty se spoghane in die tuin. (Pretty help in die kombuis en is baie trots op haar hoenders). Buddy is toe die skuldige wat die haan aan sy stertvere beetkry en ‘n paar goeie skudde gee dat die vere behoorlik waai! Haan het dit gelukkig oorleef, alhoewel met ‘n gekrenkte ego en ‘n patetiese stemmetjie…..
Charles bederf ons met plaastjops, lewer en niertjies en krummelpap.
Vars skaapboud, rib en tjoppies is voorberei!
Feesmaal na feesmaal, ook vir Rumi!
Amelie en Lia neem ons op ‘n paadjie na hulle spesiale boom waar hulle lê en lees tydens kuiers op Zeekoegat. Die ou bloekom het baie jare gelede as saailing in ‘n sakkie op Zeekoegat aangekom. Ons klouter rond op die stam en Rumi besluit om ons voorbeeld te volg!
Deur die heinings en tussen die bome en die spruit waar geel, vallende herfsblare bewegende skilderye skep in die water, loop ons in verwondering. Die honde het ‘n fees in die spruit!
Saterdagmiddag gaan kyk ons na die nuwe lammers as die son sak op ‘n volgepropte dag! Nou-nou gaan die vuur knetter vir nóg ‘n tjoppie of twee.
Die aand roep vir kuier om die vuur en Mamma Zanie en die twee meisies speel hokkie op die gras.
Sondagoggend: eers ouma Roos se spesiale verjaarsdag vier met ‘n heerlike ete: wildsboud en rugstring, stadig in die oond gaar gemaak! Dankie, Charles!
Ouma Rosemarie se 70ste❤️
Die horlosie hardloop net te vinnig en daar is soveel verkenning nog! Ons ry teen die hange van die berg uit en besoek die ou berghut.
Die berghut
Alles diep ingeteug is soos salf vir ‘n stadsiel. Heerlik, betowerend, verfrissend en uniek.
Ons ry gou na die aangrensende plaas, Mispa, en Charles vertel van sy grootworddae hier.
Mispa
Lia kry vir oulaas kans vir perdry voordat ons Zeekoegat moet groet. En so pak ons die pad terug Bloemfontein toe aan met harte en koppe vol seën en die mooiste foto-album van herinneringe. Dankie Charles, vir groot bederf!!!
28 April 2025 – jou verjaarsdag. Ons kan dit nie meer vier soos destyds op Pringlebaai nie. Jy was altyd 4 jaar ouer en veel veel wyser. Nou is jy reeds meer as drie jaar weg.
Als voel steeds onwerklik, soos ons Nella se weggaan 20 jaar gelede. Ons verstaan nie die lewe nie. Ons begrip is net ten dele. Die werêld is nie ons woning nie Boeta.
Uit vuur en ijzer
Uit vuur en ijzer, zuur en zout, zo wijd als licht, zo eeuwenoud, uit alles wordt een mens gebouwd en steeds opnieuw geboren. Om ijzer en vuur te zijn, om zout en zoet en zuur te zijn, om mens voor een mens te zijn, wordt alleman geboren.
Om water voor de zee te zijn, om anderman een woord te zijn, om niemand weet hoe groot en klein, gezocht, gekend, verloren. Om avond en morgenland, om hier te zijn en overkant, om hand in een and’re hand, om niet te zijn verloren.
Om oud en wijd als licht te zijn, om lippen, water, dorst te zijn, om alles en om niets te zijn, gaat iemand tot een ander. Naar verte de niemand weet, door vuur dat mensen samensmeedt, om leven in lief en leed, gaan mensen tot elkander.
K Leuven
Dink aan jou en vier jou pragtige voorbeeldlewe. Wat weet ons? Absoluut niks. Dalk het Nella vir jou ‘n koek gebak en glimlag julle saam as julle aan ons dink.
“Life is a luminous pause between two mysteries that are yet one.”
Die storie wat ek heeltemal van vergeet het! Sedertdien in Blogsluimer gegaan.
So kom die inspirasie om weer na konsepte van stories te gaan kyk! Hierdie ene lê nou reeds sedert Mei 2022! My en Roos se Namibië- Botswana toer met die BushLapa!
Ek het reeds heelwat hieroor geskryf, maar Boteti was soort van die laaste goeie kuier in Botswana.
Ons is verwelkom deur Grace en het kamp opgeslaan.
Grace
Grace is wat haar naam sê! Liewe mens! Sy en haar span, insluitend Lister, bestuur hierdie kuierplek namens die eienaars, Suid-Afrikaners!
Boteti lê nefens die bekende Makgadikgadi park. Die Botetirivier lê laag hierdie tyd van die jaar. Maar dit tenspyt is hier water terwyl die panne noord opdroog. Hier belewe ons ‘n ongelooflike gebeurtenis – die migrasie van honderde zebras vanuit die panne noord. Die olifante en seekoeie is ewwe gelukkig!
Africa changes you forever, like nowhere on earth. Once you have been there, you will never be the same. But how do you begin to describe its magic to someone who has never felt it? How can you explain the fascination of this vast, dusty continent, whose oldest roads are elephant paths? Could it be because Africa is the place of all our beginnings, the cradle of mankind, where our species first stood upright on the savannahs of long ago?”
Ons is so bevoorreg om stapafstand van baie van ons wynplase te kan woon! Weet ek het dit al dikwels gesê, maar waar die hart van vol is loop die mond van oor!!
Bloemendal, D’Aria en Altydgedacht. Maastricht is bietjie verder wes.
Ongeag die seisoen is daar altyd iets wat jou verras!
Vanoggend het D’Aria se beeste hoog op gewei en was Rumi baie geinteresseerd! Wat maak julle hier!!!
Twee koeie het op ‘n manier in die wingerd beland en lustig “gewei” aan die jong wingerd lote! Die trosse hang meer knus en dit het werklik gelyk asof die koeie besig was om net die wilde lote te “snoei”! Hierdie is normaalweg die werk van ‘n wingerd span. Wel, innoverend of toeval!!!
Wat maak hierdie jaar spesiaal? Wel, baie dinge, reken ek!
Vir ‘n begin – ek en Roos is 50 jaar getroud. Rozanne, ons meisiekind, het weer ‘n goeie vriend en vrede. Ons seun, Johann, gee sy hart vir sy pasiënte, ons Nella is hierdie jaar reeds 20 jaar ons engelkind en ons hondekind, Rumi, is self ‘n engel op aarde.
Ons neem so dikwels alles as maar ‘n gegewe aan. Hoe kortsigtig! Wat is binne ons beheer? Rede, rasionaliteit? Ons strewe na die insig en wysheid van die redelike man? Nietige klein wesens met min beheer oor wat môre gaan bring. Tog bly die mens deur sy natuur grootbek.
Dit is die klein dingetjies wat saak maak. Die môredou, die uitstulp van ons granate en grenadellas, die voëls wat vroeg oggend kom dankie sê vir die saad in die bakkie wat hang aan die lemmetjieboom.
Wat is die mens op hierdie bal, wat op ‘n “high” is danksy die Son?!
Kyk na die werêld en vrede bly uit. Kyk na jou kinders en kleinkinders en vrede kom lê knus in jou hart.
Die jaar is vars hier, op maar die 2de dag daarvan, as ons drie ons oggend stappie doen. Ek, Roos en Rumi vat die paadjie langs die wingerde van Bloemendal in die rigting van die Tygerberg. Hierdie boonste deel van die Majik Forest lyk net so vars vanoggend soos die jaar.
Rumi in haar element
Met ons dwars draai na die volstruise en rammetjierof verstar ons! Die lykie van ‘n alleen bokkie! Die slagoffer van ‘n rooikat? Sielig. So hartseer. Hy het nie eers die nuwe jaar gesien nie. Beeld van die broosheid van die lewe. My hart bloei vir hom. Dit is die realiteit van die lewe.
Vandag is die eerste dag van nog ‘n nuwe jaar. Hoeveel was daar nie reeds nie? Genade of genoeg? Klink sinies nê?
Dit is nou reeds maande sedert ek laas kon skryf. Iets het net ‘n demper gebring. Geen idee wat en waarom nie. Net droogte, leegte en lamheid. Dit, tenspyte van Genade en goeie dinge. Net niks. Weet nie hoekom nie.
WordPress se kennisgewing van hernuwing teen ‘n goeie klompie dollar klop in die kop en verg ‘n besluit! Wel, dobbelsteen gerol en kom ons probeer dan maar weer. Daar lê nou reeds 3 konsepte vir meer as ‘n jaar!
Dalk moet ons weer probeer!
Waarvoor is ek dankbaar? Baie, maar sê dit nie! Gesondheid en die vermoë om nog te kan stap! Elke oggend en aand! Met Vroutjie en Rumi, maar soms net Rumi! Ons bly net duskant die hemel. Natuurparke en wingerde!
Rede om dankbaar te wees hier in die begin van 2025.
Sê vir my - het 'n mens se siel 'n geur, jou hart 'n kleur, jou gees, jou diepste wese vryheid?
Wat is in 'n naartjie en wat is in kaneel, in jasmyn en 'n freesia se geel of is dit als maar reuk of wat die oog kan steel.
Is donker altyd swart en rooi ook maar net seer, verlange pimpelpers en kan groen maar net verteer of kies ek wel my kleur, my siel se eie geur.
Dis lente in die Kaap - son verf pink oranje op vroegaand wolkedoek bo Du Toitskloof hang, wat bring my hart verwarring vreugde of verlange, pastelle vir my siel.
My hart - September in die Kaap verf son se kwas net koper strepies deur my kop, soek ek tog so na wierook vir my siel - jasmyn - om deur my hart te spoel.