Bloemfontein bly een van Suid-Afrika se stede met die meeste kultuurskatte en geskiedenis. Dit is egter nie al nie. Hierdie stad, in sentraal Suid-Afrika, is ook ‘n skat van knus koffie-kuns-en-kultuur- kuierplekkies. Dit is verseker verkenning werd.
Coffeetalks
By Coffeetalks het ons vir Wikus Botha en sy seun ontmoet. Warm gesprekke in ‘n warm atmosfeer. Heerlike ontbyt geniet en twee komplimentêre stapstokke ontvang! Pragtige tuinlushof, konferensiefasiliteite en oorbly- geriewe.
Die koffie is hul hart se punt – heerlik ryk en sag! Ek het sommer summier bone gekoop vir die huis in die Kaap!
Hierdie ou opstal was onder andere ‘n rehabilitasieplaas vir perde tydens die Anglo- Boere- oorlog.
Die ander heerlike letterkundige en kleurvolle verrassing was die Paper Garden Bookshelf! Hierdie ou huis dateer ook van die Boereoorlog toe dit ‘n hospitaal was en later jare jong poliolyers gehuisves het. Die verskeidenheid boeke is enorm – van kinderboeke, kuns, musiek tot fiksie en feite. Jy kan ook lees terwyl jy ‘n koffie geniet! Die tuin is ‘n absolute lushof waar ‘n leser in rus en vrede ‘n boek kan geniet.
Dit is die soveelste 23 ste September. Meer presies, die 21ste ene. Ophou tel help nie. Onthou help. As die een mooi beeld na die ander herroep word, versag die seer bietjie, soos wat gebeur as die skerp klippie in jou skoen se punte ronder word met elke tree deur 21 jaar gegee. Hierdie hoop is al wat ons vir al die afvlerk- mammas en pappas kan gee.
Kinders is verseker dikwels in die hart en verstand van elke ouer. Wel, ouderdom en aanstap verplaas dalk die fokus dikwels na kleinkinders, maar steeds. Ons “engelkind” is egter elke hartklop by ons en binne ons, amper soos die bloed wat deur ons are vloei. Hierdie is die enigste troos wat ek aan ‘n ouer kan voorhou wat ‘n kind verloor het. Daar is geen ander troos vir hierdie mees vernietigende trauma nie. Wel, die plant en vestiging van ‘n nuwe perspektief en begrip van die dood dalk wel.
The Prophet – Kahlil Gibran
Die 23ste September sal natuurlik elke oorblywende mensjaar vir ons ‘n herspeel bring van die onwerklike werklikheid en die onbeskryflike nagmerrie. Ingebrand in elke weefsel. Tyd heel nie, maar bring nuwe perspektief. Lewe is nie permanent nie, dit is bloot ‘n kort aardse asemteug. Absoluut ‘n nietigheid in die geheel.
Life is a luminous pause between two great mysteries, which themselves are one” – Carl Jung.
Behalwe dat jy in elke bloedsel is wat deur ons are vloei tydens ons kort aanwesigheid hier, is jou by-ons-wees in ‘n enorme collage van 25 jaar se prentjies ons vrede! Van kuiltjies in jou glimlag, tromboontuitmondjie, songoud in jou hare, ballettrippeltoontjies, eksamen notes teen jou klerekas en klaviernote as ek na werk ‘n slegte whisky sluk. Eindeloos. Jy is by ons, in ons – elke hartklop in hierdie kort tydjie hier.
As we commemorate the birthday of our beloved middle child 46 years ago and her passing 21 years ago, reflection on life and death is inevitable. What do we know, in truth , nothing. Life is but a short pause between two mysteries – birth and death.
When the sun sets it brings to conclusion a day of light and we are wrapped in darkness. But, life demands that we continue on this journey. The only way is through. There is no other way.
Questions remain unanswered and the only way is through. The heart remains in pain and so the questions, but what do we know? Rest, peace, acceptance. We keep her in our hearts and she is forever only a heartbeat away.
My brother-in-law recently remarked that is ironic that the longest night and shortest day coincide with Fathers’ Day! All in jest! NB we are southern hemisphere folk!
But, thinking about the winter solstice, depending where you find yourself in life, it certainly does have symbolic significance. Growing older certainly challenges you. In a sense there is a desire that daylight will stay. Darkness brings uncertainty and in some respects anxiety. Not a pleasant feeling. The mind plays you. Depression looms.
But then, context – growing old is not supposed to be only about sunshine and warmth. It is very much about perspective. Importance is to retain perspective and enjoy the highs and manage the lows. Catylist- sensitivity for the desolate, cold, hungry and homeless.
Vanoggend stap on drie weer deur die bosgedeelte van die Majik Forest na die reën so ‘n rukkie gelede. Die blarevloer wys die diep herfs en winter se klop aan die deur. Soos gewoonlik hierdie tyd staan die Watsonias reeds welig groen langs die voetpad met hier en daar reeds blomknoppies.
En wat begroet ons, behalwe die eekhoring met ‘n laaste akker of wat? Nuwe swamkunswerke! Heeltemal anders as diè van verlede jaar!
Dit is herfs in die Kaap. Die getroue granaatboom in die hoek van die tuin hou nog enkele van sy kosbare vrugte vas, terwyl die eerste blare geelgoud geverf word. Die tyd vir rus is om die draai. Wat ‘n jaar van rykdom in vrug! Hierdie jaar se opbrengs het alle vorige jare oortref en ons kon die oorvloed van hierdie magiese vrug deel.
Ek weet ek het ons boom al voorheen besing, maar telkens raak die nuwe botsels en vrugvorming my diep in die hart en bring die pragtige volwasse vrug met sy diep rooi pêrels weer verwondering.
Pêrels van “misterie”
Die granaat is een van die oudste vrugte in die geskiedenis en die simboliek legio.
Wanneer jou mobiliteit ingekort word deur ‘n operasie – in my geval ‘n knievervanging (vrywillig) – dan moet mens maar jou denke laat wandel, al is dit sonder jou hond! Wel, in my geval is Rumi meeste van die tyd steeds aan my sy al is dit net ‘n warm lyfie styf teen my en so af en toe ‘n snorkie!
Sosiale media, andersins omstrede en selfs soms boos, is vir immobiliteit ‘n seën en troos. So kom ek af op die daaglikse plasings op Threads ( dink nie daar is al ‘n Afrikaanse woord nie) van ‘n mede-burger met sy boeiende en gloeiende positiewe fokus op ons almal hier in Mzansi – Suid-Afrika, land van uiteenlopendheid, omstredenheid, soms moedeloosheid, maar ook vrolikheid, vriendelikheid, vindingrykheid, versoening, visie en ‘n kaleidoskoop van kleur.
Mayileni Bongane Makwakwa se bio op Threads lees: “Human( I’m you) – Father – Entrepreneur Training people.African Trade Advocate. Exploringwellness. Business. Fitness. 365 Goods Things.
Mayileni se fyn waarneming van dit wat mooi en inspirerend is in die alledaagse gang van ons mense kan nie anders as om elkeen van ons ook ligter te laat leef nie. Dit behoort ons ook aan te spoor om ‘n kopverstelling te doen. En dit is eintlik baie eenvoudig.
Net ‘n klein bietjie meer bewustheid van medeburgers wat jou pad daagliks kruis – die petroljoggie as jy volmaak uit oorvloed en genade, Babalwa by die SPAR wat jou heerlike bederf vriendelik by die betaalpunt skandeer, die goggo by die taxipunt as jy met ligte gemoed verby stap met jou liefste hond en dink aan die pragtige dag. Dit gaan egter nie oor ras nie – die groet en belangstel van en in die bejaarde oom of tannie wat krom met die ou kierie voortbeur, die jong manne wat sterk en opgewonde in die wingerd met hul bergfietse verby trap, die ou oom in sy tuin hier langs die pad.
Ook net ‘n klein bietjie moeite met die medeburgers se moedertaal. Engels is prakties en realiteit, maar ‘n Molo Tata, of bhuti, mama of ta’mkhulu bring respek en bind soos ‘n lint!
Ja!, ek weet die lang reaksie in isiXhosha wat dalk kan volg kan verleentheid bring, maar die waarde van jou poging bring reënboogdividende!
Kunjani sissie
Ndiphilile, enkosi. Wena?
Ndiphile nam, enkosi.
En ” ‘n lekker dag verder” of “geniet dit manne” of aan my vriend Julius ( nie die Malema nie) by die BP garage “Yiba nemini emnandi!”
Ek staan in verwondering as die allermooiste bytjie die eenvoudige veldblommetjie saggies kus. Hoe ongelooflik mooi is dit nie! Wat is die mens dat hy hiermee toebetrou is? Is hy dit waardig?
Ons is so arrogant! Wat weet ons ? Wat verstaan ons? Laat mens rerig wonder of die mens rerig die ” kroon van die skepping ” is?
Ek staan met verwondering as my allermooiste grenadella blommietjie die bye roep vir ‘n vroetel en kus! Ek sien hoe my granate blom en groei. Dit is net my Ficus Carica wat die bytjie nie nodig het nie!
Ons is so ongelooflik arrogant en dink ons weet alles! Ons weet so bitter min van die wonder van die by!
Wel, dit is so te sê ook al weer verby. Om te vergeet of nie. Mens is ook weer intens onder die besef gebring van die mens se broosheid en ook die wêreld se gebrokendheid en soveel “onsigbares” in die wêreld en rondom ons.
Glorie aan die Koning! ( van die VK)
Dit terwyl duisende kinders en vrouens sterf van honger en sinnelose oorlog.
Wel, ‘n eerste alleen Kersdag vir my en my twee R’e! Aangesien groot R steeds nie lekker is nie, besluit ek en klein R om nog medisyne by die 24 uur Apteek onder in Bellville te gaan kry. Die Kersoggend is stil – min verkeer. By die groot kruising van Jip de Jager is die alleen figuur van die outjie wat altyd die koerante verkoop het, maar nou is daar nie meer ‘n koerant nie, net “kennisse”. Hy hang vroegoggend rond vir ‘n bekende gesig, en dalk ‘n kersgeskenkie.
By die volgende kruising krap ‘n ou in die drom vir ‘n kersmaal.
Op die parkie by Kenridgedam sit die gereelde kringetjie en vier ‘n vroegoggend Kersfees met net een rooi kersmus om te deel.
Min mense, min verkeer – dit is Kersoggend.
Op die randsteen by die aansluiting vanaf die N1 met Durbanvilleweg hang die geboë figuur van die maer klein meisie bykans in die pad. Uitgeteer van dwelms en honger. Haar kop lig nie meer op nie. Wonder of sy hoegenaamd weet dit is Kersfees.
As ek en klein R terug is by Kenridgedam vir ‘n vinnige wandeling, kom die Metro se vullisverwyderingstrok aan stiptelik volgens skedule. Die toeter blaas “Kersdag!” en die “runners” groet uitbundig met “Merry Christmas pappa”!
Met die terugry huistoe is die manne wat elke dag werk soek reeds op hulle pos. Daar is verseker geen werk op hierdie stil Kersdag nie. Die hoop beskaam egter nie op Kersdag nie.
Tuis drink ons lekker warm koffie in die agtertuin en aanskou in stilte hoe die voëltjies hul Kersmaal geniet.