Daar waar die Babalela woon.

Diep, diep in ‘n donker bos
waar die son net soms deur die takke loer,
diep, diep in ‘n donker bos
waar die varings welig diepgroen staan,
diep, diep in ‘n donker bos,
in ‘n hol boomstomp, net onder ‘n blaar,
woon die Babalela.

– Martie Preller

As jy hierdie storie saans vir jou kleingoed gelees het, is jy deel van die babablomgroep! ( “Baby boomers”) Nou, soos die sonsak vir ons aanbreek, herleef ons weer die Babalela stories saam met ons kleinkinders en ook met ons vierpootkinders: eers was dit Emma en nou Rumi. En raai bietjie wie is die Babalela hier in ons eie Majik Forest? Wat net oupas en oumas weet is dat die Babalela baie slim is en in ‘n eekhorinkie verander sodra mense te naby kom! Ons eie vrolike eekhorinkies!

Maar die Babalela is baie sku en kruip baie goed weg hier in ons eie bos!

Die blare ritsel! Ons weet hy is daar, maar hy kruip tog net so goed weg! Die kappertjies ritsel soos hy onder hul blaartjies deur vleg, en as jy baie goed kyk, sien jy hom wegglip tussen die sagte groen takkies van die ou akkerboom!

Rumi sê sy het verseker die Babalela gesien!!

Rumi

Wat weet ons? Wat verstaan ons? Hoe kry ons rus?

18 jaar is jy nou weg. Tog is jy hier. Die onwerklikheid van 19:50 23 September 2005 spoel steeds deur en oor ons. As hierdie Tsunami ons ook maar net geneem het.

Tog is jy hier – die hele tyd. Elke sekonde, elke minuut, elke uur van die voltyd van ons bestaan. Geboorte en sterfte, die kante van een munt. Ons is te klein en onbenullig om te verstaan.

“When you are sorrowful look again in your heart, and you shall see that in truth you are weeping for that which has been your delight.

– Kahlil Gibran

My voshaar kind, my dimpel kind, my tromboon-tuitmondtjie kind, my engelkind.

Volledig

Life is a luminous pause between two mysteries that are yet one.”

— C.G. Jung

Nog ‘n jaar sonder jou..

Where are you this moment?
Only in my dreams.
You’re missing, but you’re always
A heartbeat from me.
I’m lost now without you,
I don’t know where you are.
I keep watching, I keep hoping,
But time keeps us apart.

Is there a way I can find you,
Is there a sign I should know,
Is there a road I could follow
To bring you back home?

Winter lies before me
Now you’re so far away.
In the darkness of my dreaming
The light of you will stay.

If I could be close beside you
If I could be where you are
If I could reach out and touch you
And bring you back home
Is there a way I can find you
Is there a sign I should know
Is there a road I can follow
To bring you back home to me?

Source: LyricFind

Songwriters: Eithne Ni Bhraonain / Nicky Ryan / Roma Ryan

Jou verjaarsdag vandag – jy sou 43 gewees het ons voshaar meisiekind toe ‘n koperson oor die horison sak.

Mis jou so my kind. Dalk verstaan ons eendag…….

Ek weet nie…

18 jaar….

Moskombersie teen die koue

Die mense wat ek lief het
Kom groei op my soos mos
Daar laat ek hul na hartelus gedy
En loop ek deur die wêreld
Beskut teen die koue
Die snoesigheid self
Ek met my moskombersie

Met erkenning aan Laurika Rauch

Hierdie winter is besonder koud en sny deur murg en been. Die aarde is in rus. As ek op die blaremat deur die Majik Forest stap en my gedagtes koud en warm deur my spoel, sien ek die winter se moskombersies oral uitgesprei om stam en tak toe te vou. Hoe nodig het ons nie ook ons kombersie nie, veral in hierdie tyd.

Exuberance of nature

Consider the lilies of the field, how they grow; they neither toil nor spin; yet I tell you, even Solomon in all his glory was not arrayed like one of these.

Walking with my two R’s above the Majik Forest after the recent rains, struck by the immense beauty of our precious arum lilies.#blessed.

Verre Richtersveld ontsnapping

Ons gunsteling-ontsnappertjie van die donker depressiewe winter van die Kaap: De Hoop in die Richtersveld – waar die ou Oranje sonder faal verby gly en jou gedagtes ver vloei.

Hier waar ons male sonder tal die heerlike warm son oor ons vel kon voel parkeer, as ons deur ‘n pragtige roman vir ‘n rukkie in ‘n ander wêreld kon verkeer.

Maar helaas, nie hierdie keer…

Mega-kouefronte tref die Kaap en reik lang donker nat vingers tot uitsonderlik noord! Dit reën in die Richtersveld en die dorre aarde jubel en sing. Spriete van al wat kan, spruit oornag. Poele water blink van blywees. Stroompies wurm deur die dorre grond en groei en groei…

Ons moet hoër skuif want die ou rivier kan klim. Als is nat en skerpioene skuil.

Miskien nie wys om net te wag nie en eerder die Akkedispas gouer weer aan te durf voordat skeure en spruite met water vul en ons klein wesens net hier bly hou.

“We still do not know one thousandth of one percent of what nature has revealed to us.” –Albert Einstein

Visuele safari deur die Richtersveld – woorde ontbreek…..

Hekelpassie in die Richtersveld

As arbeidsterapeut te Tswellang Spesiale skool in Bloemfontein het my meisiekind nie net passie vir die gestremde leerders nie, maar ook vir hekel!

Saam ry ons vir ‘n avontuur na De Hoop in die Richtersveld. Onderweg ‘n stop in Springbok en daar vind sy die allermooiste wol en hekelnaald! En toe – hekel, hekel die hele pad!!

En ons hekel en hekel…

En hekel….

Vrystaat meisies het verseker hekel in hul bloed!

Harte van goud – in die verre Richtersveld!