
There is nothing new under the sun – nothing. There is forever a beginning and an end. The only exception perhaps is memory, which only comes to an end with your final exit – or does it not? Is it possible that your memory travels with you through the Universe? Will it be a burden or a blessing?
Birth and death, and then……..
The in-between matters, so man thinks – but does it really? Man is fragile, needs comfort, needs hope – meaning. The in-between matters.
29 July 1980 – Sunrise
23 September 2005 – Sunset
23 September 2019 – Time
Leenkind
diep in moederskoot geweef
vrug van liefde
leef
en harte uitbundig bons
wyl vlinders senu gons
afwagtend op hierdie liefdesvonds
teen hart gedruk gehou
pienk lyfie knus toegevou
bring lewe so
misterie nou volryp
wat liefde bring
diep in ons harte kruip
ons hele wese aangegryp
hier- neem My kind vir jou
geleen om te versorg
lief te hê
te rig, te lei, te leer
om te geniet as gawe ryk
wat louter Genade gee
My hartskind so geliefd
maar weet, gee ag
en maak jou hart gereed
dat as Ek volgens Wil
haar lewenspad vervul,
kom Ek haar haal my kind
en weer dan uit jou hart
vir hierdie leenkind smart
onbeskryflik vreugde bring
deur ryke seën
‘n hele lewe heen
ons pragtig rooikop kuiltjiekind
‘n lewe vol gestamp
en beker so gevul
so vol tot teen die rand
as plotseling die donker kom
en styf teenaan ons mond
‘n bitter, bitter beker dwing
smeek hart ineengekrimp
kon hierdie beker my tog maar nie vind
my hart verskeur,
hier – neem my leenkind Heer.



























































