Kersfees 2025 – een om te onthou om nie te vergeet nie.

Wel, dit is so te sê ook al weer verby. Om te vergeet of nie. Mens is ook weer intens onder die besef gebring van die mens se broosheid en ook die wêreld  se gebrokendheid en soveel “onsigbares” in die wêreld en  rondom ons.

Glorie aan  die Koning! ( van die VK)

Dit terwyl duisende kinders en vrouens sterf van honger en sinnelose oorlog.

A Christmas jinxed or not

Wel, ‘n eerste alleen Kersdag vir my en my twee R’e! Aangesien groot R steeds nie lekker is nie, besluit ek en klein R om nog medisyne by die 24 uur Apteek onder in Bellville te gaan kry. Die Kersoggend is stil – min verkeer. By die groot kruising  van Jip de Jager is die alleen figuur  van die outjie wat altyd die koerante verkoop het, maar nou is daar nie meer ‘n koerant nie, net “kennisse”. Hy hang vroegoggend rond vir ‘n bekende gesig, en dalk ‘n kersgeskenkie.

By die volgende kruising krap ‘n ou in die drom vir ‘n kersmaal. 

Op die parkie by Kenridgedam sit die gereelde kringetjie en vier ‘n vroegoggend Kersfees met net een rooi kersmus  om te deel.

Min mense, min verkeer – dit is Kersoggend.

Op die randsteen  by die aansluiting vanaf die N1 met Durbanvilleweg hang die geboë figuur  van die maer klein meisie bykans in die pad. Uitgeteer van dwelms en honger. Haar kop lig nie meer op nie. Wonder of sy hoegenaamd weet dit is Kersfees.

As ek en klein R terug is by Kenridgedam vir ‘n vinnige wandeling,  kom die Metro se vullisverwyderingstrok aan stiptelik volgens skedule. Die toeter  blaas “Kersdag!” en die “runners” groet uitbundig met “Merry Christmas pappa”!

Met die terugry huistoe is die manne wat elke dag werk soek reeds op hulle pos. Daar is verseker geen werk op hierdie stil Kersdag nie. Die hoop beskaam egter nie op Kersdag nie.

Tuis drink ons lekker warm koffie in die agtertuin en aanskou in stilte hoe die voëltjies  hul Kersmaal geniet.

Hierdie alleen Kersdag is ook binnekort verby.

A Christmas jinxed or not

Well sh#t happens and it is all about how you elect to deal with it.

Packed and set to go. Vooruitsig van ‘ n Kersfees in die diep suide van die Vrystaat. Almal saam op Zeekoegat naby Rouxville, die Smith familie se heimat. Meeste het ons nog nie ontmoet nie, maar voel reeds soos familie! Was beplan om die lang pad te pak op die 21 ste.

En toe – altwee van ons siek. Covid, Varkgriep of wat op aarde ookal!

Wel, natuurlik ‘n enorme teleurstelling. Met al die bagasie ooral rond en in die motor verstaan Rumi duidelik nie wat aan gaan nie, behalwe dat sy ons  moet bystaan en probeer verstaan!

Drastiese  hersiening  van planne en die werklikheid dat ons drie hierdie Kersfees  alleen in die Kaap vier en sonder ‘n boom. En natuurlik met massas geskenke in die motor! Nagedagte- sal môre plan maak vir ‘n boom! Ons drie kan darem vir mekaar gee.

En dan die groot uitsien na ‘n laat fees op Zeekoegat en talle nuwe gesigte! Dit is nou as ons deur die drif kan kom, want dit het verwoed gereën daar!

Wel, wat nog? Nee, ons sien uit! Nou moet al die medisyne net werk!

Geseënde Kersfees!

As tyd jou die heeltyd in die oë kyk

In hierdie stadium van die lewe raas die woordjie “tyd” die hele tyd in jou kop soos ‘n eindelose musiekpompende persligbedwelmende hooggerookte partytjie.

Wonderlike veelsydige woordjie, “tyd”, as jy bietjie tyd maak om daaroor te dink. Wel, as jy afgetree is hoef jy nie tyd te maak daarvoor nie. Tyd is dan geen faktor meer nie.

“Kom tyd, kom raad” of “time is of the essence”.

Dit is nou tyd om iets te doen want “procrastination  is the thief of time”.

Die tyd sal wel leer hoe ons met ons tyd omgegaan het.

Baie jongmense het rêrig nie die tyd vir hierdie snert nie, of wil jy ‘n tydjie hê om oor hierdie stelling te dink?

“Time really flies, come to think of it”. Vra my, soos ek hier sit langs Antjie Krog se boek, “Binneruim van bloed”, wat my tyd tans vul en verryk. Hierdie “outobiografie”, as dit rêrig een is, spring van tyd tot tyd, soms vorentoe, dan weer agtertoe. Interessante grepe in tyd.

Maak ons nog tyd  vir dit of dat – vir speel, vir familie, vriende, randeiers en vir sommer net medemenslikheid?

Ek het rêrig nie tyd vir Donald Trump  se stront nie, maar tog maak ons altyd tyd om deur sosiale media te roei  – so asof ons ‘n heerlike kanoreis op die Oranjerivier in tydlose vrede geniet.

Aan die anderkant, ek maak tyd om meer te wete te kom van die seer kant van die wêreld- volksmoorde, hongersnood, rampspoed en ellende. Wat ek daaraan doen is ‘n ander vraag. Waarom bestee ek tyd hieraan?  Maak dit enige sin om tyd te verwyl met al die hartseer en rampe van ons tyd, of moet ek eerder my kop vir ‘n tyd lank in die sand steek en hoop die tyd laat alles verdwyn?

Tyd maak alles reg – bullshit. Dit is die kopskuif van verloorders of vere voel geslag.

Jammer vir die sinisme.

Tyd om te besin oor tyd.

Postea: As tyd ‘n kommoditeit sou wees, was ek nou skatryk🙃

Verwondering

Is dit nog daar? Beleef ons dit nog? Die pas is so vinnig vir ons kinders en dikwels te traag en vol seer vir die oues. As ons daagliks ons stukkende aardbol betrag en die seer ons begin verteer, hoe vertrek ons na ‘n plek waar Verwondering weer heelmaak?

Daar is so ‘n plek, of plekke inderdaad, hier by ons of naby ons. Dit verg net die oë van ‘n kind of ‘n kopskuif van die hart.

Met Lia se kuier laas week, saam met Mammazanie  en Oom Charles uit die Vrystaat, het Ouma en Oupa se koppe begin wonder oor verwondering  en lekker vir Lia. Al is ons Lia, in sussie Amelie se afwesigheid, heeltemal in staat om haarself besig te hou met haar kunstalent en selfoonmaatjiegeselsies en -speletjies wou Ouma-hulle die kuier super- lekker maak!

En toe word die week sommer volgeprop met verwondering! Maar die verwondering  is net soveel groter as ons grootmense ons kinder-brille opsit!

Oom Hanno, self ‘n eertydse duikbootbevelvoerder, stuur ons deur die wonder van ‘n duikboot by die nuwe museum in Simonstad! Die voormalige Johanna van der Merwe, daarna  SAS Assegai (S99), rus nou, maar is steeds besig om ieder en elk se asem weg te slaan met die tegnologie van haar tydvak. Enorm groot en swaar, amper soos die grootste walvis ooit! Elektronika en meganika met honderde skerms, meters, kontroles, drade, pype en ontwerpersvernuf! Weggevoer is ons van die wêreld daar buite en ons verwondering is vir ‘n oomblik soos dié van ‘n kind. Des te meer as Lia “beheer” neem van die  duikboot!

Lia aan die stuur!

En na hierdie verwondering: Kaappunt, waar ons ook jare gelede laas was. Verwondering oor die ongelooflike vistas, maar ook aan die massas toeriste  aan ons mooi Kaap! Lia geniet die rit in die kabelkar (Funicular). Ons ook!   https://en.m.wikipedia.org/wiki/Flying_Dutchman_Funicular

Die trappe  kou Oupa, terwyl Lia soos ‘n klipbokkie op trippel!

Wat ‘n dag van verwondering!

Dit was aand, en dit was oggend, die volgende dag. Nog ‘n dag vir verwondering.

Die Kaapstad Akwarium – verwondering, bewondering  en diepe vreugde oor hierdie ongelooflike fantasiewêreld in die waters van ons planeet se oseane.

Wat weet ons?

Die derde dag van verwondering  neem ons na Kirstenbosch Botaniese Tuine. Die natuur se prag en praal stroop jou vir ‘n wyle van die siek ou stukkende wêreld wat jou elke dag deur sosiale media met Trump wil troef en treiter. Diep asemhaal, afskakel en verwonder! Heling vir vlees en gees!

Deur die oë van ‘n kind. Daar lê verwondering. En dan kom Coenie De Villiers se pragtige Daar’s ‘n plek weer by my op….

Daar’s ‘n plek wat ek van weet
Sonder sorge, sonder pyn, sonder leed
Die pad daarheen is ongekaart
Die reis daarheen is sonder vaart
En daar is rusplek langs die pad

Die son se geel word jou sambreel op jou reis tot waar die pad se vurk verdeel
Die een se slingerspoor word dof
Waar dit wegloop in die stof
Maar die ander lei tot hier

Want hier sal jy vind dat jy steeds deur die oë van ‘n kind
Die lewenspel speel, granate van onskuld kan deel
Om weer vir ‘n oomblik die kennis van kwaad te ontken
Om weer te kan glo wat jy het is ‘n gawe van bo

Daar’s ‘n winterlose oord
Waar ‘n mens nog steeds die ure ongestoord
Op die telraam van die tyd
Sonder spyt of klein verwyt
Soos seisoene af kan tel

Knip jou deur se grendel dig
Sluit jou vensters en jou luike teen die lig
Pak jou drome vir die reis
Jou hart sal jou die kronkels wys
Om ongeskonde hier te kom

Want hier sal jy vind dat jy steeds deur die oë van ‘n kind
Die lewenspel speel, granate van onskuld kan deel
Om weer vir ‘n oomblik die kennis van kwaad te ontken
Om weer te kan glo wat jy het is ‘n gawe van bo

‘n Gawe van bo
‘n Gawe van bo
(Gawe van bo)

n Gawe van bo
‘n Gawe van bo

Source: LyricFind

Songwriters: Coenie De Villiers

Ons ken net ten dele Quintus(Pypies)- ‘n Huldeblyk

Ons harte is bitter seer, Quintus. Jou afdruk in ons “dorpie” lê diep en vir altyd. Jou eensaamheid voor en ná jou mamma se afsterwe het ons nie geken of verstaan nie. Wat ons wel weet is dat jy haar met deernis en onbaatsugtigheid tot die laaste asemteug versorg het. Wroeging was daar verseker. Jou eie gemoed onbegrensd geteister  deur die verlede. Jou intense gemis van jou Dada en ook jou liefsus, Jenny, ver in Amerika.

Jou alleen het niemand rêrig kon ken nie. Jou “masker” ter wille van vrede het almal geflous. Sommige het jou ongegrond en in eiegeregtigheid veroordeel. Hierdie wreedheid  het diep seergemaak.

Maar wie van ons het jou rêrig geken? En verstaan? En in jou hart kon klim?

Your imprint on this little town was probably never fully understood or appreciated. Your loneliness became too much. Your heart ached, and your confusion grew. Quo vadis? The grief you carried overburdened and consumed you. Did any of us, as your neighbours, really care enough?

You are with your Dada now and at peace. Also, with your mom, whom you gave your all.

Jy het ons klein kompleks met oorgawe en uitnemendheid bestuur. Hiervoor sal jy verseker  terdeë gemis word.

Your legacy will be forever. We will never allow you to be forgotten.

Rest in peace, young gentle soul! We will sorely  miss you.

Maar, weet jy, Q, ons wat jou rêrig probeer ken en verstaan het, weet jy is nie weg nie! Jy is oral en vir altyd!

Ek en Rosemarie eer jou nagedagtenis.

Wat is die mens……?

“..Wat is die mens dan

dat U aan hom dink,

die mensekind dat U na hom omsien?

U het hom net ‘n bietjie minder as ‘n hemelse wese gemaak

en hom met aansien en eer gekroon,

U laat hom heers oor die werk van u hande,

U het alles aan hom onderwerp:….”

– Verse 5 – 7 van Psalm 8.

Die Engelse weergawe:

4 “What is mankind that you are

mindful of them, human beings

that you care for them?

You have made them a little lower than the angels and crowned them with glory and honor.
You made them rulers over the works of your hands; you put everything under their feet:

Commentary on Psalm 8 – Working Preacher from Luther Seminary https://share.google/oAd6N665M9VDFHEKk

En die Koran:

“Man has an independent and free personality. He is a trustee appointed by Allah and has a mission and a responsibility. He is required to rehabilitate the earth with his effort and initiative, and to choose between prosperity and misery:”  –

Chapter 22: Man And The Holy Qur’an | Man And Universe | Al-Islam.org https://share.google/jRBtzzMsS7wwbbcCp

Wat was die Skepper se verwagting?

Liefde

Dit omsluit immers absoluut alles – ‘n hart wat omgee en versorg  –  die skepping in geheel – letterlik  elke greintjie van die skepping, maar in die eerste plek die mens self: die naaste

2025:

Hoe het die mens gevaar?

Hongersnood:

Oxfam International:

“Hungry in a world of plenty: millions on the brink of famine” | Oxfam International https://share.google/YCh52yExNkIJiMtd0

 Volksmoord:

Genocide is violence that targets individuals because of their membership of a group and aims at the destruction of a people.[a][1] Raphael Lemkin, who first coined the term, defined genocide as “the destruction of a nation or of an ethnic group” by means such as “the disintegration of [its] political and social institutions, of [its] culturelanguage, national feelings, religion, and [its] economic existence”.[2] During the struggle to ratify the Genocide Convention, powerful countries restricted Lemkin’s definition to exclude their own actions from being classified as genocide,[3][4] ultimately limiting it to any of five “acts committed with intent to destroy, in whole or in part, a national, ethnical, racial or religious group”.[5] While there are many scholarly definitions of genocide,[6] almost all international bodies of law officially adjudicate the crime of genocide pursuant to the Genocide Convention.[7]Genocide is violence that targets individuals because of their membership of a group and aims at the destruction of a people.[a][1] Raphael Lemkin, who first coined the term, defined genocide as “the destruction of a nation or of an ethnic group” by means such as “the disintegration of [its] political and social institutions, of [its] culture, language, national feelings, religion, and [its] economic existence”.[2] During the struggle to ratify the Genocide Convention, powerful countries restricted Lemkin’s definition to exclude their own actions from being classified as genocide,[3][4] ultimately limiting it to any of five “acts committed with intent to destroy, in whole or in part, a national, ethnical, racial or religious group”.[5] While there are many scholarly definitions of genocide,[6] almost all international bodies of law officially adjudicate the crime of genocide pursuant to the Genocide Convention.[7]

Hoe leef jy hiermee in jou kop?

Ek is reg agter die ligblou  Porsche Cayenne by die robotkruising. Vodde “Abraham America” staan met sy verfrommelde ou wegneem- koffiebekertjie en vra vir ‘n aalmoes. Die robot skakel na groen en hy probeer uit die pad kom. Die Porsche lê op die toeter en swaai na ou Abraham asof om hom plat te ry.

Wat het van die mens geword? Een ongelooflike siek gemeenskap –  terminaal.

Sonder enige twyfel die grootste verraaier van die heelal – kan net wonder wat die Groot Skepper van al hierdie dinge sê. Wat beplan hy vir ons, die skuldiges? Hoe lank voordat Hy  besluit om ‘n einde hieraan te maak- soos om ‘n vlieg met een klap  uit te haal. Of gaan dit aan onsself oorgelaat word om die vernietiging te voltooi?

Dit bly Ewige Verraad. Die Einde.

Dalk die regte filosofie.

Vrystaatterapie

Sopas terug van ‘n verfrissende en terapeutiese Vrystaat-kuier volgeprop met verskeidenheid!

Afgeskop met die opedag van Tswellang Special School voorberei en aangebied deur die beste dogter op die aardbol, Mamma Zanie, ons eie meisiekind, Rozanne Riedemann. Wat ‘n belewenis by hierdie ongelooflike skool vir fisies gestremde kiddies. Hierdie instelling getuig van ongereserveerde liefde en omgee. Hierdie kinders se vreugde ten spyte van hul gestremdheid moet jou diep raak en wakker skud, anders het jy ‘n hart van klip. Gaan na hul webtuiste, maak ‘n donasie en kry ‘n artikel 18 belastingsertifikaat!

Intussen het Rumi vinnig vriende gemaak met Buddy en Karwats tuis, maar nie met die Bloem-katte nie. So dan en wan was daar ‘n skermutseling met Ouboeta, die mannetjieskat,en het die wonde geleidelik meer geword! Die flou Vrystaatsonnetjie het darem  almal bietjie sluimerig gemaak en daar is vrede.

Saterdae is Boeremark in Bloem en jou jaarkalender is elke liewe Saterdagoggend bespreek vir die heerlikste snuffel deur die talle stalletjies en natuurlik pannekoek en koffie! Maar, moenie die lewerkebabs, hoendersosaties en Halloumi misloop nie! Baie van hierdie stalletjiemense kry duidelik ook swaar in hierdie tyd van ekonomiese “depressie” en jy moet respek hê hiervoor. Die Saterdagprente wys jou ook die vrede en vreugde van ‘n reënboognasie, als sê die klakous-samelewing ook wat!

Saterdagaand vier ons Mia Smith se verjaarsdag by een van die beste pizza-restaurante wat ek ken – Bella Casa, maar ek verander die naam in my kop en dit word Casa Mia. My gunsteling bly die eiesoortige Peri-Peri hoederlewertjiepizza! Rozanne het ook vir Mia ‘n verjaarsdagkoek gebak!.

Mia
Heerlike kuier!

Daar is maar geen beter medisyne as lekker geselskap en vrolike harte nie!!

Dit was maar net die begin!

Sondag vier ons Moedersdag en die moeders ontvang elkeen ‘n paar warm pantoffels en snoesige kinders in die bed!

Besige week – ek en ouma Rosemarie tree op in loco parentis as ons die Oranje Meisies gaan haal. Sjoe! Wat ‘n verkeersbondeling! Daarna volg ‘n vreeslike besige program – Lia het hekkies by oom Fanie op die sportgronde van Grey, Amie oefen hokkie en die koor berei voor vir die jaarlikse Applous-uitdunne! Amie het ook nog hokkie-oefeninge by die skool en ‘n toernooi by KOVSIES se gronde. Sjoe! Weet nie hoe die mammas dit hou nie!!!

En toe ‘n absolute hoogtepunt – my heel eerste besoek aan die NAMPO-skou in Bothaville saam met Charles Smith, Nuushoof, Netwerk24, Vrystaat & Noordkaap. Wat ‘n ervaring!! Verseker die grootste skou wat ek nog bygewoon het. Landbou et al! Ná die Trump-eskapade ‘n hartstrelende waarneming van ‘n kalm, verfrissende, veelrassige en gelukkige Suid-Afrika. Wit en swart boere intens geïnteresseerd in prima boerdery – niks anders nie!

Inspirende ervaring! Van hierdie masjiene kos by die R18m en met die terugstap hang daar hier en daar “sold” borde! Hier is natuurlik ook ‘n monument ter nagedagtenis aan die vermoorde  boere met rye en rye name –  jy kan nie help om die seer en wrewel van soveel familielede in jou hart aan te voel nie. Tog is daar hoop as mens die opgewonde besprekings tussen swart en wit boere waarneem, asook by die talle skoolgroepe van ons reënboogland.

Terug in Bloemfontein was ek en Charles net betyds vir die verrykende Afrikaans 100-viering by KOVSIES. Hierdie spesiale geleentheid is aangebied deur die Departement Afrikaans, Nederlands, Frans en Duits o.l.v. Prof Francois Smith, Charles Smith se broer. Wat ‘n belewenis!! 

Prof Hambidge is ‘n meesterlike spreker en dosent en Frazer Barry  se musikale verering van Afrikaans was raak en  verfrissend!

Vrydag die 16de – ná skool die kids kry, pak en ry! Bestemming: Zeekoegat buite Rouxville, familieplaas van die Smithfamilie. Ryke familie- geskiedenis met voorsate wat Noord getrek het uit die Kaapkolonie, wat gely het tydens die Anglo-Boere-oorlog, soos waarvan die oorblyfsels van die oorspronklike  plaaswoning wat afgebrand is, getuig. Stories van bitter swaar en seer vloei uit die vertellings rondom die talle ou familiefotos teen die muur. Oupa Hendrik was ook prominent in die destydse politiek en in die Parlement. Die aangrensende plaas Mispa is ook deel van die Smith-erfenis.

Wat ‘n heerlik verfrissende naweek op Zeekoegat! Rumi is in haar element saam met Buddy en Karwats! Herfs skilder die mooiste prente en ‘n hart kan nie anders as vrede vind nie.

Ons stadsjapies geniet hierdie heerlike plaaservaring! Rumi is in ekstase en volg vir Buddy en Karwats asof sy deel is van ‘n trop! Soveel reuke en wesens – skape, perde, plaashonde, hoenders. Ongelukkig ontdek Buddy en Rumi een van Pretty se spoghane in die tuin. (Pretty help in die kombuis en is baie trots op haar hoenders). Buddy is toe die skuldige wat die haan aan sy stertvere beetkry en ‘n paar goeie skudde gee dat die vere behoorlik waai! Haan het dit gelukkig oorleef, alhoewel met ‘n gekrenkte ego en ‘n patetiese stemmetjie…..

Charles bederf ons met plaastjops, lewer en niertjies en krummelpap.

Vars skaapboud, rib en tjoppies is voorberei!

Feesmaal na feesmaal, ook vir Rumi!

Amelie  en Lia  neem ons op ‘n paadjie na hulle spesiale boom  waar hulle lê en lees tydens  kuiers op Zeekoegat. Die ou bloekom het baie jare gelede as saailing in ‘n sakkie op Zeekoegat aangekom. Ons klouter rond op die stam en Rumi besluit om ons voorbeeld te volg!

Deur die heinings en tussen die bome en die spruit waar geel, vallende herfsblare bewegende skilderye skep in die water, loop ons in verwondering. Die honde het ‘n fees in die spruit!

Saterdagmiddag gaan kyk ons na die nuwe lammers as die son sak op ‘n volgepropte dag! Nou-nou gaan die vuur knetter  vir nóg ‘n tjoppie of twee.

Die aand roep vir kuier om die vuur en Mamma Zanie en die twee meisies speel hokkie op die gras.

Sondagoggend: eers ouma Roos se spesiale verjaarsdag vier met ‘n heerlike ete: wildsboud en rugstring, stadig in die oond gaar gemaak! Dankie, Charles!

Ouma Rosemarie  se 70ste❤️

Die horlosie hardloop net te vinnig en daar is soveel  verkenning nog! Ons ry  teen die hange van die berg uit en besoek die ou berghut.

Alles diep ingeteug is soos salf vir ‘n stadsiel. Heerlik, betowerend, verfrissend en uniek.

Ons ry gou na die aangrensende plaas, Mispa, en Charles vertel van sy grootworddae hier.

Lia kry vir oulaas kans vir perdry voordat ons Zeekoegat moet groet. En so pak ons die pad terug  Bloemfontein  toe aan met harte en koppe vol seën en die mooiste  foto-album van herinneringe. Dankie Charles, vir groot bederf!!!

Ons mis jou boeta…

28 April 2025 – jou verjaarsdag. Ons kan dit nie meer vier soos destyds op Pringlebaai nie. Jy was altyd 4 jaar ouer en veel veel wyser. Nou is jy reeds meer as drie jaar weg.

Als voel steeds onwerklik, soos ons Nella se weggaan 20 jaar gelede. Ons verstaan nie die lewe nie. Ons begrip is net ten dele. Die werêld is nie ons woning  nie Boeta.

Uit vuur en ijzer

Uit vuur en ijzer, zuur en zout, zo wijd als licht, zo eeuwenoud,
uit alles wordt een mens gebouwd en steeds opnieuw geboren.
Om ijzer en vuur te zijn, om zout en zoet en zuur te zijn,
om mens voor een mens te zijn, wordt alleman geboren.

Om water voor de zee te zijn, om anderman een woord te zijn,
om niemand weet hoe groot en klein, gezocht, gekend, verloren.
Om avond en morgenland, om hier te zijn en overkant,
om hand in een and’re hand, om niet te zijn verloren.

Om oud en wijd als licht te zijn, om lippen, water, dorst te zijn,
om alles en om niets te zijn, gaat iemand tot een ander.
Naar verte de niemand weet, door vuur dat mensen samensmeedt,
om leven in lief en leed, gaan mensen tot elkander.

K Leuven

Dink aan jou en vier jou pragtige voorbeeldlewe. Wat weet ons? Absoluut niks. Dalk het Nella vir jou ‘n koek gebak en glimlag julle saam as julle aan ons dink.

“Life is a luminous pause between two mysteries that are yet one.”

— C.G. Jung

Die interval

NS : Jy sou die “Stories van Afrikaans” geniet het!

Boteti River Camp – Makgadikgadi

Die storie wat ek heeltemal van vergeet het! Sedertdien in Blogsluimer gegaan.

So kom die inspirasie om weer na konsepte van stories te gaan kyk! Hierdie ene lê nou reeds sedert Mei 2022! My en Roos se Namibië- Botswana toer met die BushLapa!

Ek het reeds heelwat hieroor geskryf, maar Boteti was soort van die laaste goeie kuier in Botswana.

Ons is verwelkom deur Grace en het kamp opgeslaan.

Grace

Grace is wat haar naam sê! Liewe mens! Sy en haar span, insluitend Lister, bestuur hierdie kuierplek namens die eienaars, Suid-Afrikaners!

Teen die walle van die Botetirivier.

https://www.google.com/search?client=ms-android-samsung-rvo1&sca_esv=58d0df3a52d22f31&hl=en-ZA&cs=0&sxsrf=ADLYWIIVfYSwAeyJzn-S5LHKI24wY8gE9w%3A1736274572593&kgmid=%2Fg%2F11h4gv8z_5&q=Boteti%20River%20Camp&shndl=30&source=sh%2Fx%2Floc%2Fact%2Fm1%2F4&kgs=131bb336b4965445i

Boteti lê nefens die bekende Makgadikgadi park. Die Botetirivier lê laag hierdie tyd van die jaar. Maar dit tenspyt is hier water terwyl die panne noord opdroog. Hier belewe ons ‘n ongelooflike gebeurtenis – die migrasie van honderde zebras vanuit die panne noord. Die olifante en seekoeie is ewwe gelukkig!

Africa changes you forever, like nowhere on earth. Once you have been there, you will never be the same. But how do you begin to describe its magic to someone who has never felt it? How can you explain the fascination of this vast, dusty continent, whose oldest roads are elephant paths? Could it be because Africa is the place of all our beginnings, the cradle of mankind, where our species first stood upright on the savannahs of long ago?”

-Brian Jackman