Exuberance of nature

Consider the lilies of the field, how they grow; they neither toil nor spin; yet I tell you, even Solomon in all his glory was not arrayed like one of these.

Walking with my two R’s above the Majik Forest after the recent rains, struck by the immense beauty of our precious arum lilies.#blessed.

Verre Richtersveld ontsnapping

Ons gunsteling-ontsnappertjie van die donker depressiewe winter van die Kaap: De Hoop in die Richtersveld – waar die ou Oranje sonder faal verby gly en jou gedagtes ver vloei.

Hier waar ons male sonder tal die heerlike warm son oor ons vel kon voel parkeer, as ons deur ‘n pragtige roman vir ‘n rukkie in ‘n ander wêreld kon verkeer.

Maar helaas, nie hierdie keer…

Mega-kouefronte tref die Kaap en reik lang donker nat vingers tot uitsonderlik noord! Dit reën in die Richtersveld en die dorre aarde jubel en sing. Spriete van al wat kan, spruit oornag. Poele water blink van blywees. Stroompies wurm deur die dorre grond en groei en groei…

Ons moet hoër skuif want die ou rivier kan klim. Als is nat en skerpioene skuil.

Miskien nie wys om net te wag nie en eerder die Akkedispas gouer weer aan te durf voordat skeure en spruite met water vul en ons klein wesens net hier bly hou.

“We still do not know one thousandth of one percent of what nature has revealed to us.” –Albert Einstein

Visuele safari deur die Richtersveld – woorde ontbreek…..

Hekelpassie in die Richtersveld

As arbeidsterapeut te Tswellang Spesiale skool in Bloemfontein het my meisiekind nie net passie vir die gestremde leerders nie, maar ook vir hekel!

Saam ry ons vir ‘n avontuur na De Hoop in die Richtersveld. Onderweg ‘n stop in Springbok en daar vind sy die allermooiste wol en hekelnaald! En toe – hekel, hekel die hele pad!!

En ons hekel en hekel…

En hekel….

Vrystaat meisies het verseker hekel in hul bloed!

Harte van goud – in die verre Richtersveld!

The magic of mushrooms in the Majik Forest

The creative art and breathtaking beauty of nature in winter warms the heart. How oft we allow the burdens of life to blind us! We need a “reset”!

It is cold, wet and depressing – winter – season of rest, but how naturally we humans instinctively focus on the “depression” of winter, while it’s secrets of profound art and beauty are calling for exploration and discovery. A discovery that awaits to take your breath away and takes you to a secret world beyond.

https://publicdomainreview.org/essay/fungi-folklore-and-fairyland

The magic of mushrooms – ask Alice!

Our morning walk with Rumi today was indeed a revelation! Open your mind and see!

And while you are waiting that your breath returns……

The lilies of the field… why do we toil so much?

The secrets of winter are there for the taking! Just open your mind and eyes – turn the knob of this door and enter a world of magic and breathtaking beauty – #creation

Welkom Rumi!

Ons was nog altyd maar Staffiemense, behalwe vir ou Maja, die Spaniel, natuurlik! Tom was ‘n legende en het diep spore getrap toe die kinders in die huis was – selfs “spore” in die Burger en in vele se tuine waar hy netjies help koerant aflewer het! Kinders uit die huis en toe kom die ou mense se Staffie: Emma. Sy was ons Pringle strandkind en ons kampkind! Emma se tydjie was net te kort.

Tom aan diens!
Emmaliefie!

En toe – ons stiltyd, routyd en toertyd.

Maar soos daai bordjie in sommige van ons tradisionele huisies sê: “Wat is ‘n huis sonder ‘n vader?” het ons bordjie begin sê: “Wat is ‘n huis sonder ‘n Staffie?”

Maar is dit in hierdie tyd regverdig teenoor soveel verworpe woefs om weer ‘n volbloed met ‘n geslagsregister so dik soos die Bybel te kry? Bitter moeilike besluit, maar die regte een. Registrasie by Staffordshire Rescuegroep en blaai en blaai deur die vele ander groepe se plasings.

En toe – SPCA George sê “Rosie” soek ‘n huisie!

Die papierwerk begin! Die proses is lank, maar deeglik. Maar toe volg die dae van verwarring en kopkrap! Volgens ‘n verdere advertensie van die Mosselbaai kantoor soek Bruce ook ‘n huis. Die probleem is net dat “Bruce” ook “Rosie” is! Damian van die SPCA Kaapstad kom groet en meld dat hy huisinspeksie moet doen vir “Mary”! Wel die “Bruce”- fout was toe ‘n glips.

Vroegoggend Vrydag vat ons die pad George toe om Rosie aka Mary te ontmoet. Wat ‘n aangename en unieke verloop! “Lief” val ver kort! Sy is ‘n engeltjie en trek nogal bietjie na Emma! Dit blyk ook dat haar regte naam inderdaad Mary was en Kian deel die seer agtergrond met ons. Wel, sy sal nie weer seer kry nie!

Pad vat huis toe!

Rumi aka Mary

Rumi reis baie goed, maar die emosionele trauma wys as sy telkens net haar nuwe “mamma” se lyf wil voel! Hierdie aanneming was ‘n waagstuk, maar wie nie waag nie, sal nooit wen nie!

Rumi ondersoek versigtig haar nuwe tuiste en soek voortdurende fisiese kontak, haar hartseer ogies is helderder en haar sagte snorkies die eerste nag is veelseggend!

Hierdie band is soos kitsgom voorwaar en drie harte klop reeds in ritme baie warm!

“Beauty, current, flow…..”

Ons vier jou verjaarsdag, my Ouboeta.

Dit is jou verjaarsdag vandag!! Baie geluk! Die tweede ná jy weg is na die parallele wêreld, waarheen ons almal gaan na hierdie kort kuier.

Ons is maar net materie. Atome. Ons vergaan nooit. Ons was en is vir altyd. Vir ewig. Dit beteken nie dat ons mekaar nie mis nie. Feit is ons is tog bymekaar. Pappa, Mamma, Nella en almal vir wie ons so lief is. Hoe ver is ons geliefdes van ons? Maar net ‘n enkele hartklop weg.

Ons vier saam met jou en is lief vir jou!

Death, like birth, is a secret of Nature.“― Marcus Aurelius

I died as a mineral and became a plant, I died as a plant and rose to animal, I died as an animal and I was Man. Why should I fear? When was I less by dying?”― Rumi

Waarheen loop ons spore?

‘n huis vol geluide. Stilte oor verdowend as die kinders weg is. Dankie vir die voëlgeluide in die tuin. Die fisante se roep, die duiwe se liefdes groet, Jan se koraalsuiwer aandsang en die mossiepaar wat om kossies roep. Hoekom is my hart se klop so luid as die aand kom lê en die bloed deur my are suis? Het dankbaarheid geluid? Verlange ‘n kleur? Het tyd genade en dankbaarheid ‘n lied? Ouderdom ‘n geur?

Peace in nature

Life oft is a treadmill where the pace is a dial going mad. Keeping up is crazy and eventually even makes you sad, stressed and over-burdened. The ointment is spending more time in nature where creation  not only heals your soul, but your whole being at the same time.

In search of inner peace and healing? Go find nature again and more often. We did just that with our kids around and between the healing magic of Kirstenbosch and the happiness of kids we found the cure!

When you are moving on in life the happiness of your kids is paramount. Add nature and you find peace and are content. No racing heart, no troubled mind – simply a blissful peace.

Vet Pringle pret

Ons meisiekinders van Bloem aka Bloemers, kuier in die Kaap. Hulle het oom Dirk saam gebring! Te veel om in te prop in ‘n paar dae, maar ons probeer!! Natuurlik neig ons harte terug na Pringlebaai, waar van ons allermooiste hoofstukke geskryf is – van bitter seer tot groei en vrede maak.

Daar is altyd die behoefte om terug te keer na ons plek van heling.

Wat ‘n heerlike dag! Lagoon pret, see swem, broodjie by Ellie se deli en verby rit by ons voormalige huisies.

Poegaai!, maar goed! Lekker slaap!😴