Namibia nostalgie #1- Die pan wat nie wou bly lê nie, die bitter dors Kombi en die wonder van ‘n Coke blikkie.

Die terugskouings op die menige safari’s na die land wat ons harte gesteel het, is soos salf vir ‘n moeë covid-siel. Dit is moeilik om te besluit watter toer eerste verhaal moet word. Trouens, by nabetragting, besef ek dat ons meer kere deur ons buurland gereis het as deur ons eie. Nie dat ons land nie sy eie bekoring het nie, net dat die #Namibiasindroom ‘n erge verslawing van ‘n vreemde aard meebring –

1998 – Ek besluit ek kan ook ‘n soort toerleier wees. Ek was mos darem al in hierdie land vantevore. Ons besluit dis weer tyd en nooi Luigi, Christelle, Lucia en Nadia van die Paarl saam. Almal het beskeie kamp- toerusting, maar ek het die mees gewilde toervoertuig van die tyd: ‘n Volkswagen Kombi. Soort van die “Jones’s”. Luigi en familie ry ‘n ‘beskeie’ Volkswagen Polo, wat op die lang duur gewys het waar sy meriete lê. Vriende leen hul sleepwaentjie en dit maak ons spanlede van die eerste liga in daardie tyd. Om als te kroon het ek sopas my ou grys en silwer Kombi verruil vir ‘n magtige en kragtige maroen 2.5! Wat ‘n plesier!

Namibië, hier kom ons!

Van Rhynsdorp afgetrek vir ‘n vinnige stop en bene rek. Ons mik vir die Withuis buitekant Grünau in Namibia. Luigi maak die Polo se bagasiebak oop en kletterend dans ‘n braaipan na buite! My ou vriend moet verseker van gebakte eiers hou! Hoe op aarde die pan ook nog ‘n plekkie in die Polo gekry het, weet nugter!

Kammieskroon – Sjoe, maar die Kombi suip – seker maar die wind van voor! Kom ons speel veilig en maak vol. Kammieskroon is droog, kurkdroog ook aan enige brandstof, so ons druk maar deur Springbok toe. Die Kombi het per slot van rekening ‘n massiewe tenk van 85 liter en ons het dan nou maar eers so ongeveer 480 kilos gery. Daai gevoel van al-hoe- ligter-sit-in-jou-sitplek skop in, ook die fyn balans van voet lig van die petrolpedaal en wel darem nog vorentoe beweeg ook. Ons kom met 30 kilometer kort! Helaas, die Kombi se dors is net eenvoudig te groot!

Lang storie kort: Luigi moes met die Polo brandstof op Springbok gaan haal en so maak die dors Kombi dit darem tot daar. Daar slurp dit ‘n hele 85 liter op terwyl Luigi met ‘n glimlag vertel die Polo het net 30 liter gevat!

Deur die grens en eerste oorslaap by die bekende Withuis van Dolf en Kinna De Wet. ( Dolf is onlangs oorlede. Kort na die skiet van Elders – Namibië. Baie hartseer.)

Polo-bagasiebak oop – en daar val die pan weer uit.

Vroegoggend staan die maroen Kombi reg vir pad vat – oeps, die geleende sleepwaentjie se een naafdop is weg. Iewers afgeval. En nou? Die ‘mechanic’ op Grünau word aanbeveel. In die werkswinkel vol ou kar-onderdele en gewese grassnyers vind ‘n leë Coke- blikkie in die hande van ‘n genie nuwe betekenis. Ons is nie verniet in Namibië nie: hierdie man is ‘n ware German Genius!

Weg is ons! Op Mariëntal maak ons maar veiligheidshalwe vol. Die Kombi suip. Luigi sê die Polo is ok! Deurdruk Windhoek toe. Volmaak. Die Kombi slurp elke liter in die pomp gulsig op. Die Polo vat ‘n slukkie.

Waterberg is pragtig – lekker kamp en bergklim. Ou begraafplaas van die Duitse soldate.

Gavas en Riedemanns

Na heerlike kuier vat ons die pad Etosha toe. Intussen het die pan menige keer ontsnap uit die Polo se bagasiebak!

In Otjiwarongo koop ons ‘n monster van ‘n varknek. Luigi sê hy het ‘n spitbraaimasjien ingepak – battery-aangedrewe. Ons gaan dit op die proef stel. Outjo, hier kom ons! Net eers die Kombi volmaak! Dankie tog vir ‘n oortrokke fasiliteit!

Outjo, waar ‘n Amerikaanse jeugroep lawaai en badkamers bemors! Christelle gaan raas. Luigi en ek laat die spitbraai rol – heerlik!

Etosha is magies. Ons sit by die watergat van Oekukujoe, die dekselse pan en die dors Kombi totaal vergete en onbenullig. Renosters en olifante sorg vir teaterspel en misterie. Wat is die mens? Wie dink hy is hy? Ons is so bitter klein. Hoe verlang ek nie nou hier tydens die Covid- inperking nie.

Halali binne in ons harte gebêre, trek ons af Swakopmund toe. Heerlike Duitse snuisterye en koffie. Kuier in Walvisbaai en ek en Luigi val vir dieselfde meisie –

Wel, sy was maar koud en staties, so ‘n man moet maar aanbeweeg

Heerlike kuier in Swakop, maar tyd om die pad terug te vat! Die Kombi is steeds baie dors en die pan steeds rusteloos. Dink nou net – het ons ooit eiers gebak?

Ons engelkind en Nadia het “gebond”!

Baie spesiale tye met goeie vriende, kosbare herinneringe ten spyte van ‘n pan wat nie wou rus nie, ‘n bitter dors Kombi en helaas, ‘n af hoendertoebroodtjie wat Rox super siek gemaak het.

En, ‘n Cokeblikkie, wat die naafdoppieding moes doen!

As jy jou hart op Namibië verloor het, maak ‘n lastige pan en dors Kombi nie saak nie!

ABOUT DEATH

It is her birthday today, but she is not here.

No – that is not true – she is here all the time – just a heart beat away….

Life is hard when you are grieving, but still worth living, for the indescribable joy of precious memories. Grief has no rules, save that it remains with you, in you, for the remainder of your own life. But that does not mean you must stop living. You must honor them by living despite the void.

And when the sun sets for you, you will be thankful for the privilege of having been blessed with her immense presence and love.

And who knows – may be there is a parallel world where there will no longer be distance…

Ons voshaar meisiekind

Cornél 29-07-1980 /23-09-2005

Ons voshaar-kuiltjie-meisiekind sou vandag 41 gewees het, maar bly vir altyd 25 in ons harte en herinnering.

Ons uurglas van verlange en onthou loop nooit leeg nie. Ook nie ons uurglas van seer nie. Aanvaarding van dit wat ons nie kan verander nie bring tog vrede. Vrede wat alle verstand te bowe gaan.

Sy het gelewe sonder terughou- vol passie, verkenning en prestasie – amper asof sy geweet het haar eie uurglas loop uit.

Where are you this moment?
Only in my dreams.
You’re missing, but you’re always
A heartbeat from me.
I’m lost now without you,
I don’t know where you are.
I keep watching, I keep hoping,
But time keeps us apart.Is there a way I can find you,
Is there a sign I should know,
Is there a road I could follow
To bring you back home?Winter lies before me
Now you’re so far away.
In the darkness of my dreaming
The light of you will stay.If I could be close beside you
If I could be where you are
If I could reach out and touch you
And bring you back home
Is there a way I can find you
Is there a sign I should know
Is there a road I can follow
To bring you back home to me?

– Enya

Waar Hoop is…

De Hoop

Beskaam nie –

waar  rivier nooit op hou vloei,

net kronkel kronkel

na eindlose oseaan-

beelde, vrae,

versugting, verlange

in mense hart-

een toon sagte  afvloei

Crescendo waar  stroom versnel

oor perkussie klip

soprano mikstertkwik,

astrante vinke knetter

trommende perdeby

sagte vlerksleep duif-

Simfonie van Hoop

terapiemusiek

sag, strelend  salwing

vir die hart

Junie 2021

Safari Nostalgia – The Namibia Syndrome # 1

Warning: Highly contagious!

‘Syndrome” – a set of symptoms which together indicates a particular disease or abnormal condition.’ – Oxford Advanced Learner’s Dictionary.

Hein Anton Klein-Werner’s song, the ‘Südwestlied’ says everything: something happens to you when you experience Namibia for the first time:

Und sollte man uns fragen:Was hält euch denn hier fest?Wir könnten nur sagen:Wir lieben Südwest!



Believe me! What exactly happens to you is hard to explain – your heart and soul are captured and remain captive for life. This condition is irreversible. No one warned us. We did not anticipate that this syndrome would bring us back, and back, and back again.

This blog has been “burning” in the draft box for more than a year now. The reason: my obsession with order/ chronology, and at the same time realizing that during the first encounters with Namibia we had no camera! What follows is a mere ‘starter’ for the sake of easing the mind that we at ĺeast started off in the right chronology. Hereafter will be a total disregard thereof, and a random capita selecta of safaris brought about by this most amazing syndrome: love for Namibia!

Our introduction to this arid paradise really only came during the Cape winter of 1989. Very good friends, Fef and Pauline, suggested we join them on a trip to Namibia during the June school holidays, which we later came to understand to be a very typical ‘exodus’ for the more privileged South Africans during the cold winter season. Specially so for the Capetonians! It was only during this maiden safari to Namibia, and our first also into Africa, that we came to realize that this ‘Cape escape‘ establishes itself as part of a new found tradition for us.

The kids were still small, 14, 9 and 6. We were totally unprepared! No camping gear and an old Chevy station wagon. So we started to get stuff like the cheapest little nylon tent, a few plastic crates etc. We had a foam mattress cut to the size of the station wagon’s load bay with the rear seat folded away as a possible bed for the girls! Our boy was at the time a member of the Tygerberg Childrens’ Choir and scheduled to tour to Gauteng for a series of performances. Special arrangements were made for him to fly from Johannesburg to Windhoek to link up with us.

Huge excitement reigned! The preparation and planning “get togethers” with our dear friends were a huge part of the fun. Planning on the part of our more experienced friends was meticulous and all boxes were ticked!

And then – a mere week or two before departure madness struck: driving through Stellenbosch one afternoon having visited the in-laws, we came across this second hand two-tone silver and grey VW Microbus at the VW dealers! Very popular at the time for touring. And we bought it! Crazy, but what the hell!

Traveling through the Kgalagadi  Transfrontier Park ( then probably still the Kalahari Gemsbok Park) introduced us to camping and hard lessons were learnt! Another story!

We entered Namibia through the Mata Mata border post and travelling along seemingly endless gravel roads, the vastness of this country struck us -we were in awe.

a vast land

Along the C15 route we joined the C20 at Stampriet to Aranos, took a sharp left to Gobabis passing Vogelweide, Leonardville and Hoaseb. The few tarred highways and major gravel roads were all of outstanding quality. But distances are huge and if you are an impatient city dweller, the time spent on the road might not be for you.

In Gobabis we stayed at the Welkom private game farm, in fairly modest, but comfortable accommodation consisting of rondavels and attractions like our young visiting giraffe, Chikane, leopard cubs in the camp, one angry lion, a swimming pool and trampoline for the kids, more than enough for a rookie and low budget first safari!

From Welkom we hit north to Windhoek, capital of Namibia, and further to the north – Etosha, world renowned reserve, where Africa’s animals are still free. Sitting at the waterhole at Okaukuejo the painting of Africa is complete – an indescribable work of art! Your heart and mind at peace. Africa is in my blood. There is no escape. I am captured – willingly.

From Okaukuejo further north in this endless land to Halali.

The kids had a ball, specially around the splendid pool! Pauline’s mom, Moedie, spoiled us with ‘sakbrood’!

As I am writing many a memory pop up like pop corn! My first and last hunting experience near Aranos, the UN troops in Gobabis, collecting our biltong(fruits of the hunt) in Windhoek, a marathon oxtailpotjie, a marvelous potbrood, traveling 1200km from Halali to Keetmanshoop in a single day. Many a story for another day.

A first introduction to Namibia – vast open spaces, breathtaking vistas, an inexplicable capture of the heart, a desire for more….

Now I can start to pen down journey after journey to this vast land, which according to the novel by John Gordon Davis was “made by God in anger”! Not true – a land of immense beauty, contrasts, solitude and surprise!

https://www.britannica.com/place/Namibia

Watch this space!

Autumn – a time of rest and decline

During the autumn of one’s life and well before winter strikes, there comes a time for admission and also recognition….

When one writes ‘leave’ instead of ‘leaf’, as was done in my previous little blog, autumn is indeed not only in the body, but also in the mind, and that is more scary than anything!

Interestingly ‘autumn’ is not only defined as ” season between summer and winter”, but also “time of incipient decline”.

There is off course also the easier explanation for having written ‘leave’ instead of ‘leaf’ – cacography! Mea culpa – I clearly am displaying cacographic writing!

cacographic(Adjective) Displaying the properties of bad spelling or bad handwriting or both.

It is also part of autumn to become more humble, to more readily concede, to simply make peace with decay in independence…..hence my decision to formally appoint my other half as my editor!

Just an Autumn leaf traversing a stream

What are we? Who are we? Who am I?

But an Autumn leaf drifting downstream to the infinite ocean.

Man has become so presumptuous, so like a god.

In his powerful work Sapiens on the history of mankind, Yuval Noah Harari , titles the concluding chapter “Afterword: The Animal that Became God”. He concludes with a most powerful question: ” Is there anything more dangerous than dissatisfied and irresponsible gods who don’t know what they want?”

A god without love becomes Satan.

Be still Autumn leaf.

As voetspore met sonsak weer kruis

CP Terblanche 19/11/1955 – 21/03/2021

From the day we arrive on the planet
And, blinking, step into the sun
There’s more to see than can ever be seen
More to do than can ever be done
There’s far too much to take in here
More to find than can ever be found
But the sun rolling high
Through the sapphire sky
Keeps great and small on the endless round

It’s the circle of life
And it moves us all … Elton John/ Tim Rice/ Lebo M & Carmen Twillie uit ‘The lion king’

Ons was seker so 5 en 8 onderskeidelik, begin sestigerjare, en reeds lekker stout nefies! Wel, oor die algemeen ‘mooi’ stout. Net normaal. Ons ma’s was susters. Ver uit mekaar gewoon – ek in die Weskusdorpie en hy op die plasie by Jan Fourieskraal langs die sementpad wat Calitzdorp en Oudtshoorn verbind. Min kans gehad vir speel en baljaar, behalwe vir die tradisionele einde- van-die-jaar-familiekuiers op Hartenbos.

CP het sy pa vroeg verloor, reeds om en by 1961, wat beteken dat hy toe maar 6 was. Ons trek van die Weskus na Hartenbos toe het sonder uitsondering oor Jan Fourieskraal gegaan waar Ant Rose se plaaswinkeltjie vir ure se pret gesorg het. Die weeg van die rys, suiker, droë bone ens.op die ou skaaltjie met die koper gewiggies was groot pret en die geldjie wat ons daarmee verdien het,het lekkergoed gebring. Hierdie ekonomie het gewerk!  Maar die pret van nefies se saamspeel was onvergeetlik. Agter die huis teen die groot grondwal is paadjies en bergpasse uitgekerf en aan die voet van die ou “berg” die mooiste plase uitgelȇ en bedryf! Dinky Toys was toe groot. Langs die treinspoor wat vlak agter die werf verby geloop het, het ons vergeefs probeer om, as deel van “cowboys & crooks”, die trein te laat ontspoor: die klippies wat ons so skelm op die spoor geplaas het telkens die lug ingeskiet as die trein verby stoom. Van die ouer neefs en niggies het ons, in ons eie verbeeldingswȇreld, bykans vergeet!

Kuiers op Kruisrivier by Tant Babs ( nog ‘n sussie van ons ma’s) was ewe groot pret. Draf met die skuins voetpad na die rivier toe. Swem in die rivier, kleilat gooi en met die windbuks aanlȇ om die bosluisvoels van die koeie se rûens te klits! Stories om die Agastoof as ons aan Antjie se lippe hang.

Hartenbos was egter altyd die hoogtepunt met al die neefs en niggies daar. Die Potgieters uit die Noorde met hul karavaan, Oom Ockie hulle by Bloublasie, Tant Rose se ou reuse “Army” tent met sy vertrekke en ons in ‘n huurhuisie.See en sand, krieket oor die radio, Kakebeenwa-Oukersaand as ons volgens ouderdomsgroepe ons geskenkie gaan haal het, en die reuse Nuwejaar sportbyeenkoms waar een en almal kon deelneem aan Boeresport en atletiek-items. Die Terblanche-en Potgieter-neefs was uitstekend met atletiek en het gereeld bekertjies ingepalm. So ook natuurlik CP! Hy was later rȇrig moeg van al die kakebeenwaentjies wat hy elke keer gewen het!

CP het groot pret verskaf aan oud en jonk. Vir my oorlede pa het hy met oorgawe Cliff Richard se “ Living Doll” gesing en as my pa dan sou sê hy sou hom ‘n geldjie gee, maar hy het nou ongelukkig net ‘n pondnoot, dan was CP vinnig met: “ Ag Oom Johann, gee dan maar die ou pondjie wat!”

Na my eie pa se dood in 1964 het die kuiers voortgegaan en is wonderlike tye beleef. Maar die jare 1961 tot 1964 het ook bittere smart vir ons familie gebring. Dalk meer vir die grootmense as vir ons, maar die onwerklikheid het ook by ons kom lȇ. Oom Louis, CP se pa, is oorlede, Ouma Alet het terminaal siek gelȇ by Tant Babs op Kruisrivier en toe die seerste seer toe Oom Kerneels en Tannie Estertjie verongeluk het en twee neefs en twee niggies wees gelaat is. Ons nefie Niel was maar 6 en Essie so 12. Daarna my eie pa. En die lewe bewys weer eens hoe broos en verganklik ons is.

Soos dit moet, stap die lewe vir ons ander aan en bring die realiteit van grootword ook stelselmatig afstand as elkeen sy eie pad begin loop. Toenemend so as die ouers begin wegval, neefs en niggies trou en pad vat, elkeen sy loopbaan uitkerf en kinders kry. Nuwe familiekringe word gebou en die lewe hardloop met ons almal weg.

Ek kan nie eers onthou wanneer ek vir CP as jong man ná universiteit weer gesien het nie. Dit is hartseer, maar waarskynlik die natuurlike verloop van die lewe. Dit is bykans asof neefs en niggies voor die warm son van die dag verdwyn as jy jou eie son geniet met vrou en kleingoed.

Tog verander dinge weer as jou naderende sonsondergang meer dinktyd en nuwe perspektief bring. Bloed is per slot van sake dikker as water! Na vele jare van afsloof vir oorlewing,  blokkies afmerk in jou werk en ouerskap, kom daar weer tyd vir terugkyk,  nostalgie en verlange. Dit was Etna se insig om eerste ‘n  saamkuier te reël op Vermont, waarna nog ‘n paar gevolg het – ‘n verfrissende vars kontak wat die nostalgie kom salf het en die meeste van die neefs en niggies weer bymekaar gebring het. Tog vreemd hoe die lewe loop en mens gedurende die middelfase voortstoom in die rotresies.

Hoe dankbaar is ons nie nou vir die weer-vind van ons eie bloed nie, die heerlike lag vir staaltjies uit die verlede, geseënde saamwees oor lekker kos en wyn en die diepe besef van dankbaarheid vir geleende tyd.

Etna, ek en die Terblanche-broers
Boeties

Ou CP, jou vertrek was so onvoorspelbaar vining, veels te vroeg, en boonop gaan jy die Potties-reünie mis! Ou neef, rus sag, en mag ons ander gespaar bly om die 7de Augustus met ‘n traan in ons lag ook jou lewe te kan vier op Kruisrivier  Jy sal daar wees by ons en in ons harte.