2 344km noord – Namutoni, Etosha

Namutoni

Bietjie geskiedenis –

Namutoni was originally established as a control post during the mad cow disease (BSE) epidemic of 1897 in Namibia. The fort was built be the German Schutztruppe from 1902-03 and rebuilt in 1906 after the Ovambo destroyed the original building. The fort served as a police post and later as a South African army base. Fort Namutoni was declared a national monument in 1950 and was opened to tourism in 1957.

Met die rit van Halali darem in die verte ‘n leeu, 3 olifante en ‘n groot trop kameelperde gesien. Dit natuurlik afgesien van die baie groot getalle zebras, impalas, swartwildebeeste en springbokkies. Simpel hoe blasé mens raak en gewoon by hierdie pragtige diere verby ry! Die diere hier is veel kalmer as ander parke en jy kan letterlik ‘n bokkie diep in die oë kyk!

Die kamp is heerlik en ons het weer ‘n sukses broodjie gehad!

Die watergat by die kamp is ‘n teleurstelling in vergelyking met Halali, maar ander besienswaardighede maak op.

Naby die kamp is daar steeds heelwat water in die pan waar honderde flaminke hul tuiste het. Pragtige gesig in ‘n dorre landskap.

In die kamp kom kuier die mongoose families gereeld en verken alles, ook die karavaan.

Die kamp is mooi en geriewe redelik goed. Menige buitelandse toeriste met hul gehuurde Toyotas! Goed vir die Nam toerisme!

Ons kamp!

Laaste aand hier en maak bietjie kerriepot! Erg winderig gewees, maar nou sak Afrika se stilte neer. Heerlik. Môre die lang pad na Popa Falls – nog verder noord en dan in die Caprivi.

Namutoni fort

Nogmaals noord – Halali, Etosha.

Verseker een van ons gunsteling kampe!

Die woord Halali het vele verskillende betekenisse, maar dit maak nie saak nie – as jy hier langs die watergat sit en die rustigheid van die pragtige swartrenosters ervaar dan weet jy hierdie is ‘n plek van vrede. So- wat my aanbetref beteken ‘Halali’ ook sommer vrede!

https://en.m.wikipedia.org/wiki/Halali#:~:text=A%20Swahili%20word%20originating%20from,meaning%20lawful%2C%20legal%2C%20etc.

Vergete is die 1850s toe die wild hier afgemaai is deur westerse grootwildjagters.

Swart renoster

Ek kan nou nog nie glo dat ons op ‘n stadium 9 renosters sien water drink het nie. Dit terwyl ‘n stuk of 6 hyenas tussendeur probeer krappe vang en die jakkalse saamspan om te help nie!

Die kamp se voëllewe is ook ‘n hoogtepunt en dit was goed om weer die ou neushorings te sien wat nou meer suid minder begin word weens klimaatsverandering.

Wat ‘n vreemde ervaring om letterlik miljoene klein vinke -‘red billed quelea finch’ te sien skilderye ‘verf’ teen die horison!

En dan die eindelose Etosha pan – meer as 100 km in lengte en omtrent die helfte so breed. Ongelooflike gesig!

Etosha pan

Tyd om aan te beweeg – nog verder noord na Namutoni!

Steeds verder noord – Waterberg Plateau Park

Voorraad aangevul in Windhoek – die stad het in die laaste klompie jare pragtig ontwikkel. Die ou enkelbaan na Okahandja is nou vir ‘n lang stuk ‘n pragtige dubbelweg. Die omgewing is superskoon.

Ons slaan kamp op in die Waterberg en vele herinnering flits verby – die groepfoto met ons meisiekinders en die Gava-gesin in 1998, die grafte van gesneuwelde Duitse soldate tydens die oorlog met die Herero’s, die roesrooi berg as die son saans sak.

Die eerste broodjie van die toer sien die lig! Oeps! Ons het die appelkooskonfyt vergeet! Deksels!!

Heerlike stappie na die ou begraafplaas waar die Duitse soldate lê – oorlog was, is en sal tot in ewigheid sinneloos wees.

Ongelukkig was die aandete by die restaurant ‘n vrot ervaring en nie aan te beveel nie – ten spyte van die swaar hamer waarmee die arme onskuldige gemsboksnit tot vervelens toe geslaan is, sou self die beste hond nie haar-af kon maak nie. Die ou polisiestasie wat nou restaurant is, bly ‘n sierlike ou gebou.

Die pragtige plantegroei en interessante sade is ‘n fees vir die oog – so ook die verskeidenheid van skoenlappers!

Tyd vir ‘n selfie – môre is dit Etosha toe – steeds verder noord!

https://www.namibweb.com/waterberg.htm

Verder noord – wanderlust in Namibië.

Ons het Ananzi en die groot ou rivier eergister gegroet.

Voort met die B1 na Mariental vir een nag se oumens oorstaan. Maar een stop was uit die hart uit nodig – die Withuis (“Whitehouse”) 15km noord van Grünau. Hoeveel keer het ons nie hier oorgeslaap nie. Van die kinders klein was en voltallig tot later jare toe dit net ons twee was. Dolf en Kinna de Wet het deel van ons Namibië geword. Maar Dolf is nie meer nie. Covid het hier ook harte kom stukkend skeur 10 maande gelede. Ons het Kinna ‘n stywe druk gaan gee, saam ‘n traan gepik en ons rou gedeel.

Met weg ry kry ons ‘n klein wildspasteitjie van die komende kerkbassaar se voorraad – naasteliefde het nie perke in hierdie land nie.

Een eindelose land van rou niks wat ten hemele skrei tot goue grasvlaktes en kameeldoring wat jou welkom heet- die wiele bly draai op die B1 noord.

Ons volgende rus – Waterberg Plateau park naby Otjiwarongo.

As ek moeg is vir die lewe in die stad… Namibië

Die begin van ons ontsnapping …..heerlike oggend met pragtige sanguitvoering deur Amanzi River Trails se honderde voëls – robins, kwikkies, kraalogies, tiptolle, mossies, duifies en afgerond deur die visarend se Afrika-crescendo!

Die magtige ou Oranje se woede van eens is uitgewoed en die opdrifsels droog in die son. Die rivier is nou rustig en gly verby soos ‘n spieëlbeeld van kalmte.

Tot môre

Herfs – tyd vir reiniging en in rus gaan.

Daar is ‘n tyd vir alles.

As die goudbruin blare na benede begin dwarrel en die aarde bedek met ‘n sagte mat dan is dit ook ons tyd vir aflaai. So asof ons gestroop moet word van ons bagasie, van kommer, van smart – sodat ons kan voorberei vir nuwe groei. Maar eers moet ons in rus gaan.

Hoe onbeskryflik intens is die natuur nie ons rolmodel nie. Dit verg ‘n kopskuif om in rus te gaan – vir ons. Ons moet soveel laat gaan. Ons natuur is om vas te klou.

Die wingerd teen die hange waar ek stap bied geen weerstand nie. As dit tyd is, is dit tyd. Tyd vir rus. Om voor te berei vir ‘n nuwe groei. Versoening met seisoene, met waaroor ons geen beheer het nie.

Fruits of content

“I have found my place here and must say I love it, old manWhen I was still small you tied me gently to these sturdy posts and cushioned my trunk so that I could not get hurt. As you can see my happiness transcended into  a strong trunk and I have gained quite a number of good-looking branches. I think I have, sort of, become the envy of the girl next door! She really loves me being so close. We are almost touching leaves! Soon we will be giving you the most delicious pecans.

Remember the words of my young pecan tree during the chat with my trees?

Well guess what? The young pecan has gone nuts! Three of the most beautiful nuts and as happy as can be!! In fact – another one came out of hiding! What a blessing!

The next door neighbour, the pomegranate, was rather modest this season and produced far less pomegranates this time around. But, the mega fruits made up for this! The size and beauty communicates happiness, well-being and fulfillment!

I love my trees. Their presence makes me calm and content. It pleases me to see that they are happy too.