Ons kom nog steeds dikwels daar, maar dan meestal om vinnig ‘n blommetjie op ons ouers se grafte te sit.
So dan en wan tog ‘n kort wandel deur die dorp of langs die rivier. Meer toe Emma nog geleef het. Dorpstraat, Pleinstraat, die Laan – die dorp is ‘n miernes van studente en toeriste! Straatkafees, koffiewinkels, restaurante, wynhuise, biertuine, kunsgallerye en snuisterye – en die ou Moederkerk – die onveranderlike.




Die oomblik van stilte – relatief, want die orrelis was besig om te oefen – was vreemd midde die gewoel buite.
Die menigte toeriste was bemoedigend – buitelandse valuta vir ‘n dors land.
Die kunswerke pragtig, maar nie vir die gemiddelde outjie beskore nie.


Dit was lekker om hier groot te word, te studeer, te vind en te vry, maar geen begeerte om weer in hierdie pragtige, woelige dorp te bly!
Heerlike Valentynsdag met ‘n mooie Stellenbosch gebore meisie!

































